Dippenaar tot 15 jaar gevonnis
“Geen straf kan ’n geliefde vervang nie.”
Landdros Gaynor Poulton het dit Vrydag gesê toe sy Jandré Dippenaar in die streekhof op Swakopmund tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het.
Sy meen die vonnis het ten doel om die samelewing tevrede te stel dat hy nie net oor die vingers getik is nie.
Dippenaar is in Junie vanjaar skuldig bevind aan ses klagte van moord in verband met ’n motorongeluk naby Hentiesbaai in Desember 2014. Vir roekelose of nalatige bestuur en vir die bestuur sonder ’n geldige rybewys is hy altesaam met N$10 000 beboet.
Poulton het bevind dat Dippenaar nie opreg was toe hy in die hof om verskoning gevra het nie.
“Hy het bloot die woorde ‘ek is jammer’ gesê en vrae gelaat oor presies waarvoor hy jammer was.”
JC Horn, Dinah Pretorius, Charlene Schoombee en Markus, Stephanie en Alexandra Joschko is in die ongeluk dood.
“Hierdie individue het hul lewens voor hulle gehad, met hoop en drome," het Poulton gesê.
Sy het ook in haar uitspraak verwys na die roerende getuienis van Horn se pa, Jan-Karel, asook dié van Antonia Joschko – die enigste oorlewende buiten vir Dippenaar.
Sy het bygevoeg hoewel daar geen getuienisse van die families van Pretorius en Schoombee was nie, kan daar net aanvaar word dat hul soortgelyke emosies ervaar.
Poulton het ook met die staat se bewerings saamgestem dat die sielkundige Willem Annandale se verslag eensydig was. Annandale het voor die vonnisoplegging ter versagting van die vonnis getuig dat Dippenaar emosioneel, sosiaal, fisiek en finansieel gely het.
“Die verslag het nie ’n holistiese siening verskaf vir die hof om te oorweeg nie."
Hoewel Poulton in haar bevinding in ag geneem het dat Dippenaar ’n eerste oortreder is en sedert die voorval byna tien jaar gelede nie by enige strafregtelike aktiwiteite of padongelukke betrokke was nie, het sy beslis dat dit sy besluit was om nie by padveiligheidsreëls te hou nie, wat tot hierdie verwoestende gevolge gelei het.
Dippenaar se regspan het aangedui hulle sal binne die volgende 7 tot 14 dae teen die vonnis appelleer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie