Ernst Lichtenstrasser en sy regsverteenwoordiger, Albert Titus. Foto Iréne-Mari van der Walt
Ernst Lichtenstrasser en sy regsverteenwoordiger, Albert Titus. Foto Iréne-Mari van der Walt

Dis alles ’n enorme toeval, sê prokureur

Lichtenstrasser-verhoor nader einde
Ernst Lichtenstrasser se prokureur het aangevoer sy weergawe dat hy ten tyde van die moorde in die woestyn was, kan steeds waar wees.
Iréne-Mari van der Walt
Ernst Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger, Albert Titus, het Maandag tydens sy slotbetoë aangevoer die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat sy kliënt wel skuldig is aan die moorde op die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteure, Heimo Hellwig en Eckhart Mueller, nie.

“Ons moet erken, dit is alles ’n enorme toeval,” het Titus aan regter Christie Liebenberg gesê.

Hy het die staat se ketting van bewaring van sekere bewysstukke (chain of custody) in twyfel getrek. Volgens hom is daar steeds ’n moontlikheid dat daar met die koeëldoppies, wat volgens polisiegetuies in ’n rooi plastieksak aan hulle oorhandig is, gepeuter is.

“Die koeëldoppies het nie by die hof in die plastieksak aangekom nie, maar in ’n koevert. . . ’n Getuie het getuig dat hy die sak met die koeëldoppies op die toneel in ’n koevert gesit het. Hy het dit later weer oopgemaak en ses doppies verwyder en in ’n ander koevert gesit.

“Hy het later getuig dat hy weer die koevert met die sak oopgemaak het en die koeëldoppies in ’n koevert gesit het en die plastieksak verwyder het. Wat is die punt daarvan om iets te seël as jy dit net weer gaan oopmaak? Dit skep ruimte om met die bewysstukke te peuter,” het hy gesê.

Volgens Titus is die polisie se beweerde versuim om twee geweermagasyne, wat in die woestyn gevind is, op fotoplanne in te sluit nog ’n rede tot twyfel.

“Noukeurigheid sou van die polisie verwag word. . . ten minste verdien dit kritiek. . . Indien hierdie hof besluit dat dit betroubare bewyse is, sal hierdie hof moet tevrede wees met net die woord van [Reinhard] Maletzky [’n ondersoekbeampte van die Namibiese polisie],” het hy gesê.

Hy het ook gesê die feit dat die staat nooit afdrukke gemaak het van die voertuig se spore, wat ’n polisiebeampte gevolg het tot by die plek waar die beweerde moordwapen versteek was, beteken daar is geen bewyse dat Lichtenstrasser in dié omgewing was nie.

Titus het verder aangevoer dat Lichtenstrasser se weergawe dat hy ten tyde van die moorde in die woestyn was, steeds waar kan wees.

Die staatsaanklaer, Antonia Verhoef, het gesê dat bewysstukke nie afsonderlik in ag geneem moet word nie, maar in geheel.

Liebenberg sal na verwagting op 14 November sy uitspraak lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!