• Tuisblad
  • Howe
  • Droombos mag weer funksies (vir nou) aanbied
Foto Facebook/CreativeLAB
Foto Facebook/CreativeLAB

Droombos mag weer funksies (vir nou) aanbied

Polisie teister glo besigheid
Terwyl 'n appèlaansoek in die hooggeregshof hangend is, mag Droombos vir tyd en wyl funksies aanbied.
Iréne-Mari van der Walt
Droombos se regsverteenwoordigers het appèl aangeteken teen ’n uitspraak in die hoërhof deur regter Nate Ndauendapo wat dié instansie belet om geleenthede aan te bied en as ’n venue te funksioneer.

Stad Windhoek (CoW) het in die hoërhof beweer Droombos het slegs toestemming en goedkeuring om ’n gastehuis en konferensiegeriewe te bedryf.

Droombos het egter aangevoer dat die toestemmingsgebruik geïnterpreteer moet word dat dit die reg insluit om funksies en geleenthede aan te bied.

Droombos het ook appèl aangeteken teen Ndauendapo se besluit dat hulle CoW se regskostes moet betaal. Die appèl sal in die hooggeregshof aangehoor word en die kennisgewing van appèl is reeds op 21 November ingedien.



BRIEF AAN COW

Ondanks die feit dat Droombos die appèlaansoek verlede week ingedien het, voer Droombos aan beamptes van die Windhoekse stadspolisie het sy perseel besoek en gedreig dat bedrywighede op grond van die uitspraak gestaak moet word. Dit is volgens ’n brief wat Droombos aan CoW uitgereik het.

In die brief verduidelik Droombos die feit dat appèl teen die uitspraak aangeteken is, beteken dat Ndauendapo se uitspraak nie uitgevoer mag word voordat die appèl afgehandel is nie. Dus mag Droombos vir tyd en wyl nog funksies aanbied.

“’n Appèl na die hooggeregshof skort die bedrywighede en uitvoering van die betrokke hofbevel op hangende die finale beslissing van sodanige appèl.

“Wat dit in praktiese terme beteken, is dat terwyl die appèl in die hooggeregshof hangend is, en tot tyd en wyl die hooggeregshof uiteindelik finaal oor die appèl beslis, kan Droombos voortgaan om sy besigheid te bedryf.”

Droombos voer verder aan dat die optrede van CoW en beamptes van die Windhoekse stadspolisie ongrondwetlik is en duidelik nie kan voortgaan nie. Die brief verwys ook na historiese ongrondwetlike gedrag deur die stadspolisie jeens Droombos en wat glo in opdrag van beamptes by CoW was.

“Die voorvalle van teistering deur Stad Windhoek en/of stadspolisiebeamptes met betrekking tot ons kliënt se besigheid sedert 2019, is goed gedokumenteer.

“Ongelukkig het die munisipaliteit ’n berugte reputasie dat hulle nie prosedure volg nie en selfhelptaktieke gebruik,” lui die brief.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° #VALUE! #VALUE!