Dwelmmuil vrees glo vir haar lewe
Die 30-jarige Namibiese dwelmmuil wat Woensdag in die hof in Kemptonpark in Suid-Afrika verskyn het, het aan die hof gesê sy vrees vir haar lewe. Dit volg nadat sy sedert haar inhegtenisname Sondag glo dreigemente ontvang het.
Pauline Mbangula wat saam met haar regsverteenwoordiger in die hof verskyn het wat na bewering deur haar familie aangestel is, is gevra of die media in die hof foto’s van haar kan neem.
Mbangula het geantwoord sy is ongemaklik hiermee, met die hof wat gevolglik opdrag gegee het dat geen foto’s van haar geneem mag word nie. Haar regsverteenwoordiger het later aan ‘n Suid-Afrikaanse nuusagentskap eNCA gesê Mbangula glo haar lewe is in gevaar en dat sy dreigemente ontvang het.
Volgens die nuusagentskap het nóg Mbangula nóg haar regsverteenwoordiger egter verduidelik waar die dreigemente vandaan kom en wie dit sou gemaak het. Die eCNA het die stelling as verwarrend beskryf, omdat Mbangula sedert haar inhegtenisname in polisieaanhouding is. Dit was ook die geval tydens haar mediese ondersoek in die hospitaal.
Haar saak is tot 3 Oktober vir ‘n borgtogaansoek uitgestel. Laasgenoemde is aanvanklik deur die staat teëgestaan weens die erns van die klag wat geklassifiseer is as ‘n skedule 5-oortreding. Die staat het ook aangevoer dat die geraamde waarde van die dwelms, R800 000, 'n bykomende rede is om Mbangula se borgtog teen te staan.
Sy staar klagte van dwelmbesit en -handel in die gesig en kan tot 25 jaar tronkstraf kry as sy skuldig bevind word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie