‘Dwelmsmous’ veg vir borgtog
Appelleer teen landdros se beslissing
Die polisie het in September verlede jaar glo 300 Mandrax-tablette naby Paul Jeffrey Isaaks se huis op Rehoboth gevind.
’n Inwoner van Rehoboth wat van dwelmhandel beskuldig word, het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn om sy borgtogstryd te hervat.
Paul Jeffrey Isaaks is in Augustus 2023 in hegtenis geneem nadat dwelms met ’n beraamde waarde van sowat N$36 000 naby sy huis gevind is.
Tydens sy eerste hofverskyning in September is hy borgtog geweier. ’n Paar weke later het hy ’n formele aansoek om borgtog gebring wat die landdros van die hand gewys het.
In nog ’n desperate poging om op borgtog vrygelaat te word, het hy nog ’n aansoek om borgtog gebring wat op nuwe feite gebaseer was. Toe dié aansoek egter ook van die hand gewys is, het hy die hoërhof genader om teen die uitspraak te appelleer.
Partye het gister in die hof verskyn en die saak is tot 26 April uitgestel.
DOSSIERE ‘VERDWYN’
Een van die redes waarom borgtog geweier is, is omdat wetstoepassers Isaaks reeds drie keer vantevore gevang het vir beweerde dwelmverwante misdade, maar beide kere het die dossier verdwyn.
Hy ontken egter dat hy iets met die verdwyning van die dossiere te doen gehad het en beweer in hofstukke dat een van die dossiere later weer gevind is.
Die staat het egter aangevoer daar bestaan ’n vrees dat Isaaks met die ondersoeke sal inmeng en dit nie in die openbare belang of die belang van geregtigheid sal wees om hom op borgtog vry te laat nie.
300 MANDRAX-TABLETTE
Op die dag van sy arrestasie het die polisie met ’n lasbrief sy huis deursoek.
In ’n sinkstruktuur sowat 600 m van Isaaks se huis af, het die polisie ’n pakkie gekry wat 30 cm onder die grond begrawe was.
Dit is later vasgestel dat die pakkie glo 300 Mandrax-tablette bevat het.
Isaaks het enige kennis van die dwelms ontken, maar is daarna in hegtenis geneem. Hy hou vol dat hy onskuldig is. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie