Eerste vroueregters dien hooggeregshof

Augetto Graig
Twee Namibiese vroue is vir die eerste keer in die geskiedenis van die land se regsbank as waarnemende regters in die hooggeregshof aangewys.

Die eerste twee vroulike Namibiërs wat as regters op die bank van die land se hoogste hof dien, se aanstelling word môre van krag. Johanna Sophia Hannelie Prinsloo en Esi Malaika Schimming-Chase sal vanaf 1 April 2023 tot 31 Maart 2024 as hooggeregshofregters waarneem.

Die woordvoerder vir die kantoor van justisie, Vikitoria Hango, het bevestig dat Schimming-Chase en Prinsloo die eerste Namibiese vroue is om tot die hooggeregshof aangestel is.

Die aankondiging is Woensdag deur die regsdienskommissie vrygestel. Volgens die kantoor van justisie het president Hage Geingob die aanstellings op aanbeveling van die kommissie goedgekeur.

Saam met Schimming-Chase en Prinsloo sal Rita Makarau ook as waarnemende regter die hooggeregshof dien. Sy dien op die oomblik die grondwetlike hof van Zimbabwe, het tevore op dié land se hooggeregshof gedien en was ook die hoofregter van Zimbabwe se hoërhof.

Verder is aangekondig dat regter Collins Parker weer tot Namibië se hoërhof vanaf 1 April tot 31 Desember aangestel is.

Regter Moses Chinhengo sal vanaf 18 September tot 31 Desember ook die hoërhof dien, na hy sy termyn as waarnemende regter vir die hof van appèl in Lesotho voltooi. Chinhengo was voorheen ook regter vir die hoërhof van Botswana en is afgetree as regter vir die hoërhof van Zimbabwe. Hy het in 2021 vanaf Februarie tot Desember ook as waarnemende regter die hooggeregshof van Namibië gedien.

Advokaat Ramon Maasdorp is as waarnemende regter vir die hoërhof vanaf 16 April tot 31 Julie aangestel. Hy is reeds in 2009 as advokaat aanvaar en is ’n lid van die advokaatgenootskap van Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!