Egpaar met asdrom afgeneem

Negejarige se liggaam glo so verwyder
Beeldmateriaal is gister in die hoërhof in Windhoek gespeel en as bewysstuk ingedien in die saak teen drie Zimbabwiërs.
Rita Kakelo
Beeldmateriaal van geslotekringtelevisie (CCTV) wys glo hoe twee moordbeskuldigdes na bewering die liggaam van die negejarige Akundaishe Natalie Chipomho in ’n groen asdrom na ’n nabygeleë munisipale vullisdrom sleep.

Dié beeldmateriaal is gister in die hoërhof in Windhoek gespeel en as bewysstuk ingedien in die saak teen Caroline Nkata en haar man, Edward Nkata.

Die voorval het in Januarie 2020 plaasgevind en die beeldmateriaal is deur ’n tegnikus van die Windhoekse stadspolisie verkry en is later aan die eenheid vir ernstige misdaadondersoeke oorhandig.

Die Nkata-egpaar word saam met die negejarige slagoffer se biologiese ma, Rachel Kureva, aangekla. Al drie is Zimbabwiërs.

STAATSGETUIE

Nog ’n staatgetuie het gister getuig dat hy die egpaar die aand van die beweerde moord teëgekom het.

Hy het glo van die Puma-diensstasie af teruggekeer toe hy Caroline in die donker voor ’n kompleks, wat oorkant sy huis was, se hek sien staan het.

Die getuie het gesê, terwyl hy sy oupa se motor in hul erf parkeer het, het hy gesien hoe die Nkata-egpaar ’n groen asblik sleep. Hy het glo die egpaar geken en hulle vantevore gesien.

Caroline se regsverteenwoordiger, Milton Engelbrecht, het tydens kruisondervraging teenstrydighede in die getuie se getuienis en sy geskrewe verklaring wat hy by die polisie afgelê het, uitgewys.

Engelbrecht het daarop gewys dat hy getuig het dat Edward daardie aand swart klere aangehad het en dat dit op die beeldmateriaal duidelik is dat Edward verskillende kleure aangehad het. Engelbrecht het aangevoer dat hierdie teenstrydighede die getuie se weergawe onbetroubaar maak.

Die verhoor sal na verwagting vandag voor regter Philanda Christiaan voortduur.

BEKENTENIS

Caroline het twee dae ná haar arrestasie ’n bekentenis voor ’n landdros afgelê, maar sy ontken nou enige betrokkenheid om die moord toe te smeer en het aan die begin van die verhoor onskuldig gepleit.

“Akundaishe het huilend by die huis ingestorm. Dit het gelyk of sy huil omdat haar pa haar geslaan het. Ek het ook opgemerk dat haar voorkop geswel was,” het sy destyds gesê en aangevoer dat Edward haar gedreig het om niks te sê oor die aand wat hy die negejarige met ’n besemstok geslaan het nie.

“Akundaishe het bewusteloos op die grond in ons slaapkamer gelê. Ek het daarop aangedring dat ons haar hospitaal toe neem, maar hy het gedreig om my leed aan te doen. Sy het oornag daar gebly en was die volgende dag dood.”

Volgens Caroline het sy weer haar man aangemoedig om die saak by die polisie aan te meld, maar hy het eerder ’n plan voorgestel om van die liggaam ontslae te raak. Hulle het glo na die vulstasie gegaan om paraffien te koop om haar liggaam te verbrand.

“Ek het alles gedoen wat hy my gevra het om te doen,” het sy in haar bekentenis verklaar.

Caroline het verder genoem dat hulle na die munisipale vullisdrom gestap het waar Edward Akundaishe se liggaam aan die brand gesteek het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 26 vs 45 Airlink Pumas Premier League: Liverpool 2 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 6 Chelsea | Bournemouth 1 vs 1 Newcastle LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 2 Barcelona | Mallorca 0 vs 0 Sevilla | Villarreal 4 vs 3 Celta Vigo | Atletico Madrid 3 vs 0 Girona | Deportivo Alaves 0 vs 0 Real Betis | Leganés 2 vs 1 Las Palmas | Real Madrid 3 vs 0 Real Valladolid SerieA: Hellas Verona 0 vs 3 Juventus | Cagliari 1 vs 1 Como | AS Roma 1 vs 2 Empoli | Napoli 3 vs 0 Bologna | Torino 2 vs 1 Atalanta | Fiorentina 0 vs 0 Venezia European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City English Championship: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City #N/A Currency: GBP to NAD 23.42 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.76 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.15 | USD to AOA 904.54 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.65 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1586.14 | USD to ZAR 17.77 | USD to ZMW 25.91 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13878.4 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30363.15 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 502.55/OZ DOWN -0.009 | Copper US$ 4.19/lb DOWN -0.0173 | Zinc US$ 2 883.50/T DOWN -2.23% | Brent Crude Oil US$ 78.20/BBP DOWN -0.0195 | Platinum US$ 935.55/OZ DOWN -0.024 #N/A