• Tuisblad
  • Howe
  • Eis ná beweerde wanbetaling vir Nujoma se kantoor
Die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma. FOTO ARGIEF
Die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma. FOTO ARGIEF

Eis ná beweerde wanbetaling vir Nujoma se kantoor

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Meer as ’n jaar en ’n half nadat ’n faktuur uitgereik is vir dienste verskaf rakende die opknap van die stigterspresident se kantoor in Windhoek, is dié bedrag steeds uitstaande.

ֹ’n Dagvaarding aan die ministerie van presidensiële aangeleenthede om Blueprint Consulting Engineers cc se rekening van N$387 337 te vereffen, is ook geïgnoreer.

In die eisbesonderhede sê die maatskappy dat die uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Claudia Grace Uushona, op 20 Januarie 2020 ’n gedeeltelik mondelingse en geskrewe kontrak met sy verteenwoordiger, mnr. Ndilimani Sosinyi, aangegaan het vir die opknapping van die voormalige president, mnr. Sam Nujoma se kantoor.

Die ooreenkoms is bestuur deur pryse wat die tesourie goedgekeur het en in die Staatskoerant 250 van 1998 gepubliseer is. Die tariewe vir onder meer argitekte, bourekenaars en ingenieurs word daarin vervat.

Blueprint Consulting se take vir die ooreenkoms het onder meer ingesluit die koördinering van die werk van konsultante soos bourekenaars, sowel as elektriese en siviele ingenieurs.

Die maatskappy se dienste sal volgens die ooreenkoms ook opgesom word in ’n hoeveelhedelys (“bill of quantities”) en wat insluit die skatting en definisie van die opknappingsprojek, die ontwerp van die konsep en die ontwikkeling van die projek, sowel as goedkeuring en tegniese dokumentasie, die bestuur van die kontrak en inspeksies.

Blueprint sou hiervolgens vergoed word vir standaarddienste teen ’n tarief wat bereken is as ’n persentasie van die koste van die werk, maar waar die werk van so aard is dat persentasietariewe nie van toepassing is nie.

Dié tariewe sal ook op ’n tydsbasis in ooreenstemming met die tariewe wat in die wet vervat is, bereken word.

Blueprint moes hiervoor fakture uitstuur, met die ministerie wat alle tekeninge en voorlopige werke moet goedkeur voordat enige verdere stappe met die projek geneem word.

Volgens die maatskappy is ’n evalueringsverslag voorberei en aan die ministerie voorgelê, gedetailleerde konstruksietekeninge vir die herstel van strukturele foute saamgestel en voorgelê, terwyl dit ook hoeveelledelyste met en sonder pryse, sowel as dokumente vir bieërs vir die aanstelling van kontrakteurs opgestel het.

Vir bogenoemde dienste is ’n faktuur van N$387 337 op 1 April verlede jaar uitgereik, wat meer as ’n jaar later steeds nie vereffen is nie.

’n Dagvaarding op 1 April vanjaar is ook geïgnoreer. Buiten vir die betaling van die uitstaande bedrag, vra Blueprint Consulting Engineers dat die ooreenkoms gekanselleer word en die ministerie die regskoste moet dra.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!