• Tuisblad
  • Howe
  • Eis van N$3,8 miljoen teen regering, polisie
Die hoërhof in Windhoek. Foto Argief.
Die hoërhof in Windhoek. Foto Argief.

Eis van N$3,8 miljoen teen regering, polisie

Slagoffer ly glo aan kopbeserings
'n Man eis miljoene in skadevergoeding nadat die polisie hom glo verlede jaar tydens 'n vreedsame staking met rubberkoeëls geskiet het.
Kristien Kruger
’n Werknemer van Shoprite in Ongwediva eis N$3,8 miljoen in skadevergoeding van die regering nadat hy glo tydens ’n vreedsame staking met vyf rubberkoeëls geskiet is.

Die eiser, mnr. Gabriel Haihambo, beweer dat die polisie hom op 15 Januarie 2021 by die Yetu-inkoopsentrum in Oshakati in die Oshanastreek tydens ’n betoging met rubberkoeëls geskiet het. Shoprite-werknemers het vir beter werksomstandighede en vergoedingspakkette betoog.

“Die stakings was vreedsaam en wettig en die polisie het onregmatig en met opset op die stakers begin skiet,” lui Hauhambo se eisbesonderhede

Die saak is op 17 Januarie vanjaar teen die ministerie van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit, asook die regering aanhangig gemaak en partye het Woensdag in die hoërhof in Windhoek voor regter Marlene Tommasi verskyn.

BESERINGS

Volgens Haihambo moes hy mediese behandeling kry vir die kopbeserings wat hy weens die rubberkoeëls opgedoen het.

Hy het glo aan hoofpyne, duiseligheid and verswakte sig gely.

Sy mond het ook na bewering aanhoudend gebloei en volgens sy eisbesonderhede kon hy vir twee maande nie werk nie en met sy terugkeer werk toe kon hy nie sy gewone pligte hervat nie weens sy beserings en sy onvermoë om te konsentreer.

“Haihambo het aanhoudende fisieke pyn ervaar as gevolg van die kopbeserings wat die rubberkoeëls veroorsaak het.

“Hy ly ook aan trauma wat nagmerries en slaaploosheid meebring,” lui die eisbesonderhede.

Hy eis op grond hiervan N$3,8 miljoen in skadevergoeding

Haihambo eis N$800 000 vir mediese behandeling en operasies wat hy moes ondergaan, N$1 miljoen vir toekomstige mediese uitgawes en ’n bykomende N$1 miljoen vir die verlies aan inkomste.

Hy eis N$500 000 vir die fisieke pyn en nog ’n halfmiljoen vir die emosionele en psigiese pyn wat die voorval veroorsaak het.

GEEN AKTIWITEIT

Regter Marlene Tommasi het op 27 Julie ’n kennisgewing aan die partye uitgestuur vir hulle om te verduidelik waarom daar vir die afgelope ses maande geen aktiwiteit in die saak was nie.

Partye moes Woensdag duidelikheid gee of die saak voortgaan en of dit van die rol geskrap moet word.

Die saak gaan voort en partye sal op 14 September weer in die hof vir voorverhoorverrigtinge verskyn.

̶̶ [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!