‘Ek het niemand vermoor’
Tweede beskuldigde getuig vandag
Hoewel die beskuldigde erken hy wou die bejaarde egpaar beroof, ontken hy enige betrokkenheid by die moord op Giel en Sarie Botma.
Een van die drie beskuldigdes in die Botma-moordverhoor, Julius Frederick Arndt (46), het gister die getuienisbank ingeneem.
Hy het ontken dat hy Giel Botma (79) geskiet, en sy vrou, Sarie (80), verkrag en verwurg het.
Dit ten spyte van ’n staatsgetuie van die Namibiese Instituut vir Forensiese Wetenskap, Angelique Lukas, wat getuig het dat Arndt se DNS onder Sarie se vingernaels gevind is en Sarie se DNS op sy onderbroek was.
“Ek stel dit aan jou; toe jy haar [Sarie Botma] aangeval het, het sy terugbaklei en jou gekrap en dit is hoe jou DNS onder haar vingernaels beland het.” het die staatsaanklaer, Seredine Jacobs, gesê.
Arndt ontken dat hy die dag ná die voorval – met sy inhegtenisname – krapmerke aan sy lyf gehad het. Hy het volgehou hy het wel op 2 Februarie 2018 die Botma-egpaar se huis op hul plaas naby Koës binnegegaan en hul voertuig gesteel, maar hy het hulle glo nooit gesien nie.
Jacobs het hom verder met Lukas se getuienis gekonfronteer dat die oorledenes se bloed op sy hemp en skoene gevind is. Arndt ontken dat hy op die noodlottige dag dié klere aangehad het.
Hy het wel erken hy en sy medebeskuldigdes het die huis binnegegaan om te kyk wat hulle kan steel en later te verkoop.
“Ek het niemand vermoor nie,” het Arndt aan die voorsittende regter, Dinnah Usiku, gesê.
MOORDWAPEN
Die staat voer aan dat Giel met sy eie .22-vuurwapen geskiet is.
Dié vuurwapen is die volgende dag in die voertuig gevind wat Arndt gesteel het. Arndt ontken egter dat hy geweet het die wapen is in die voertuig. Ander besittings van die egpaar was na bewering ook in die voertuig, soos kameras.
Twee mans het vir die staat getuig en gesê hulle het Arndt die betrokke aand gehelp om brandstof in die voertuig te gooi en een van hulle het glo die vuurwapen op die agtersitplek gesien.
BEKENTENIS
Jacobs het ook vir Arndt gevra oor die bekentenis wat hy in die teenwoordigheid van ’n landdros afgelê het ná die voorval waarin hy sy medebeskuldigde, Andries Afrikaner, van die moord op die twee bejaardes beskuldig het. Hy het egter gister ontken dat dit die geval is.
MEDEBESKULDIGDES
Arndt het verder getuig dat hy en Afrikaner daardie aand deur die huis se venster geklim het.
Beide was glo in die huis se kantoor op soek na die sleutel van die kluis. Die derde beskuldigde, Johannes Christiaan, het volgens Arndt se getuienis nooit die huis binnegegaan nie, maar buite gewag.
Arndt het getuig hy het net die voertuig se sleutel uit die huis verwyder en alleen weggery. Hy is die volgende dag in Aranos in hegtenis geneem.
VOLGENDE AAN DIE BEURT
Arndt se getuienis en kruisondervraging is gister afgehandel en Afrikaner sal na verwagting vandag met sy getuienis begin. Nie een van die beskuldigdes sal ander getuies roep nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie