‘Ek is die skieter’
Ernst Lichtenstrasser se verhoor duur voort
Volgens 'n onlangse getuienis het die beskuldigde op 'n ander geleentheid – buiten vir die beketenis wat hy afgelê het – ook skuld erken.
Tydens Ernst Lichtenstrasser se verhoor gister het dit aan die lig gekom dat hy reeds drie dae ná die moorde glo erken het dat hy die skieter was.
Lodewyk van Graan, destyds ’n lid van die ondersoekeenheid vir ernstige misdade, het gister die getuienisbank ingeneem en getuig oor die drie onderhoude met Lichtenstrasser waarby hy betrokke was.
Volgens Van Graan het Lichtenstrasser tydens die eerste onderhoud op 18 April 2019 eers ontken dat hy die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteure, Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, op 15 April vermoor het.
Hy het glo beweer hy het vanaf die Sondag tot Dinsdag in sy voertuig in die woestyn gebly.
Lichtenstrasser het egter glo aan die einde van dié ondervraging skuld erken.
“Ek kan julle nie flous nie. Ek is die skieter,” het Lichtenstrasser volgens Van Graan gesê.
Hy het daarna glo gesê hy wil graag die hele storie aan hulle vertel, maar hy wil eers met ’n prokureur konsulteer.
Volgens Van Graan se getuienis het Lichtenstrasser sy selfoon gebruik om sy vrou te bel. Ure later het sy vrou opgedaag en daarna ’n prokureur.
Lichtenstrasser en die prokureur het privaat gepraat en die verdagte het daarna glo vir Van Graan gesê hy wil nie verder praat nie.
Van Graan het daarna na Windhoek vanaf Arandis teruggekeer en eers weer op 15 Mei na Arandis teruggegaan. Die volgende twee onderhoude het op dié dag plaasgevind.
Tydens die tweede onderhoud het Lichtenstrasser glo skuld erken en verduidelik hoe hy die twee mans geskiet het.
LICHTENSTRASSER GLO GEDREIG
Tydens kruisondervraging het Lichtenstrasser by monde van sy regsverteenwoordiger, Albert Titus, ontken dat hy gesê het hy was die skieter.
Lichtenstrasser voer verder aan dat Van Graan hom voor die tweede onderhoud, waarin die bekentenis opgeneem is, gedreig het.
“Is jy reg om skuld te erken, of moet ek jou vrou vir jou in boeie kom wys?” was volgens Lichtenstrasser Van Graan se woorde aan hom.
Van Graan ontken hy het vir Lichtenstrasser gesê dat hy sy vrou in hegtenis gaan neem.
KRUITRESIDU OP KLERE
Dit was ook tydens die eerste ondervraging op 18 April toe Van Graan vir Lichtenstrasser gevra het of hy onlangs ’n vuurwapen afgevuur het.
Volgens Van Graan se getuienis het Lichtenstrasser eers vir hom gesê dat hy twee maande vantevore ’n vuurwapen afgevuur het.
Nadat Van Graan aan hom verduidelik het dat daar dan geen rede sal wees hoekom hy kruitresidu op sy klere sal hê nie en dat hulle dit vir forensiese toetse sal neem, het Lichtenstrasser glo sy storie verander.
Lichtenstrasser het toe gesê hy het die vorige Saterdag sy geweer afgevuur.
Buiten vir Van Graan het die staat gister twee ander getuies geroep en sal na verwagting vandag verder die getuienis van inspekteur Benedictus Iipumbu aanhoor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie