'Ek wou haar dissiplineer'
Enzo Amuele - Die 51-jarige Josef Shivute, wat daarvan beskuldig word dat hy sy 15-jarige susterskind fisiek aangerand het voordat hy ’n ketting om haar nek geplaas en dit met ’n hangslot gesluit het, sê hy uit woede opgetree en hy wou die slagoffer dissiplineer. Die voorval op die dorp Onekaku in die Oshikotostreek plaasgevind.
Shivute het die afgelope Donderdag sy tweede verskyning in die landdroshof op Ondangwa voor landdros Ivette-Levien Fredericks gemaak.
Shivute, wat skuldig gepleit het op 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook kindermishandeling, saamgelees met die bepalings van die wet op gesinsgeweld, het die erns van sy oortreding erken.
"My bedoeling was om leiding aan haar te gee en haar te dissiplineer," het Shivute geantwoord op die landdros se vraag oor hoekom hy die slagoffer aangerand het. Hy het erken dat hy haar met die ketting op haar rug geslaan het en haar bene geskop het. ’n Gemeenskapslid het die meisie huilend in die bosse aangetref. Sy het glo ’n geswelde gesig en kneusplekke aan haar arms en hande opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.
’n Ander oom van die meisie, wat by Nampol in diens is, gesê dit is glo nie die eerste keer dat Shivute haar aangerand het nie.
Die polisiebeampte het gesê hy het ook soortgelyke mishandeling aan die hande van die verdagte gely toe hy net 11 jaar oud was, en hy het steeds daardie letsels aan sy lyf.
"Hy moet gestraf word, ons glo hy is 'n gevaar vir die gemeenskap. Hy het erken dat hy skuldig is, want dit is wat hy gewoonlik doen - hy mishandel die kind," het hy gesê.
Dié oom het ook aan ons susterkoerant, Namibian Sun, vertel die meisie is nou in goeie hande en ontvangdie nodige mediese behandeling.
Adj. komm. Wynand Neels van die Namibiese polisie (Nampol) in die Oshikotostreek, het 'n beroep op gemeenskapslede gedoen om sulke voorvalle dadelik by die polisie aan te meld.
Shivute sal komende Donderdag weer in die hof verskyn.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie