‘Ekonomiese ghoeroe’ bly in aanhouding
Amushelelo lok groot skare na sy borgaansoek
'n Lid van die NEFF, mnr. Michael Amushelelo, is in aanhouding na sy kaskenades in China Town, volgens hom, in 'n poging om Namibiese werkers te uitbuiting te beskerm.
Die vrou van mnr. Michael Amushelelo wat die naweek in aanhouding moes bly ná protesaksie by China Town in Windhoek, sê sy is na bewering deur die polisie geslaan en met rubberkoeëls geskiet.
Amushelelo, Dimbulukeni Nauyoma en ses ander aktiviste va die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF) het gister in die landdroshof in Katutura verskyn op verskeie aanklagte waaronder aanhitsing tot geweld.
Die ses is Lawrence Mwatili, Epafras Mukwiilongo, Emily Mununga, Annacky Amupanda, Risto Ithikwa en Julieta Amushelelo.
Amushelelo en Nauyoma bly in aanhouding, met hul aansoek om borgtog wat vandag voortgaan. Die saak sal formeel op 5 Julie aangehoor word.
Amushelelo se vrou, Julieta, is Vrydag ook in hegtenis geneem en met ’n waarskuwing vrygelaat.
“Ek is geskiet en geslaan. Ek het kneusplekke op my rug en ons was vir 15 uur in aanhouding,” het sy gesê.
Julieta het Saterdag in ’n video om finansiële ondersteuning gevra, omdat die regskoste vir haar man glo ophoop. Sy het gister aan Republikein gesê die ondersteuning van die publiek het “ingestroom”.
“Mense het saamgekom en het geld bymekaargesit waarvoor ons vreeslik dankbaar is,” het sy gesê.
Amushelelo en die res word deur ‘n groep regsverteenwoordigers naamlik Nambili Mhata, Khadila Amoomo, Henry Shimutwikeni en Samson Enkali verteenwoordig. Victoria Likius en Arie Husselman verskyn vir die staat.
Die aktiviste se eerste verskyning het gisteroggend plaasgevind. Amushelelo en Nauyoma se aansoek om borgtog het gistermiddag begin en tot 17:00 geduur. Die aansoek word vandag voortgesit.
Amushelelo staar klagte van dreigement tot aanranding, opstokery tot misdaad sowel as aanhitsing van openbare geweld in die gesig. Die ander sewe is aangekla van opstokery tot misdaad en aanhitsing van openbare geweld. Behalwe Amushelelo en Nauyoma is die res van die aktiviste met ‘n waarskuwing vrygelaat.
Die staat staan die aansoek teen op grond daarvan dat die ondersoek steeds aan die gang is en die beskuldigdes by die saak sal inmeng. Ook is die staat van mening dit het ’n sterk saak teen die beskuldigdes.
Ondersteuners van Amushelelo en lede van die NEFF het buite die hof vergader en gedreunsang.
Amushelelo het homself Vrydag in opdrag van die Namibiese polisiehoofinspekteur, Sebastian Ndeitunga, aan die polisie oorgegee. Dit nadat ’n video van Ndeitunga in die sosiale media verskyn het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie