Foto argief
Foto argief

Eksvrou maak alles op, beweer 'verkragter'

Ouma sê kleinseun versin stories
Die borgtogaansoek van 'n pa wat na bewering sy sewejarige seun verkrag het, sal na verwagting vandag voortduur nadat dit gister nie kon hervat nie.
Jemima Beukes
Die pa van die sewejarige beweerde verkragtingslagoffer, voer aan sy eksvrou het sielkundige probleme en dat die aantygings van verkragting teen hom opgemaak is.

Die seun se ouma (58), wat as medepligtige in die saak aangekla is, het Woensdag beweer haar kleinseun het die stories dat hy verkrag is, opgemaak.

Die pa, ’n 36-jarige mediese dokter, word daarvan beskuldig dat hy sy seun verskeie kere verkrag het. Die ouma het na bewering wag gestaan ​​terwyl die verkragting plaasgevind het. Beide ontken die bewerings ten sterkste.

Hul regsverteenwoordiger, Sisa Namandje, het gister aangevoer dat die staatsaanklaers se saak gebaseer is op baie swak bewyse.

“’n Anus is nie ’n geslagsdeel nie – hulle praat van stimulasie van ’n geslagsdeel, maar ’n anus is nie 'n geslagsdeel nie,” het hy gesê.

PA GETUIG

Die pa het Woensdag die getuienisbank ingeneem in die formele aansoek om borgtog wat Maandag begin het.

Hy het gesê sy eksvrou het vreemd begin optree nadat sy teruggekeer het van ’n vakansie in Europa saam met haar vriende.

Luidens sy getuienis het sy eers ’n skeurtjie so groot soos ’n “papiersny” op die kind se anus gesien en later vir hom gesê dat sy “geslagsdele kan ruik” aan die kind se hande en die agterkant van sy T-hemp.

“Sy het vir my gesê sy het [semen] aan die kind se teddiebeer geruik en toe sê ek vir haar ‘kom ons kry jou by ’n sielkundige’. Maar ná ’n paar sessies het sy my daarvan beskuldig dat ek die sielkundige omkoop,” het hy getuig en bygevoeg dat die sielkundige vir hom gesê het sy vrou is siek.

“Sy het eendag vir my gesê die kind kry nagmerries en slaap nie snags nie. Toe sy die sny op die kind se anus kry, het sy die volgende dag vir my gesê dit word erger. Ons het die kind na ’n pediater geneem [. . .]”

Volgens hom is hulle toe na ’n chirurg verwys vir ’n kolonoskopie, wat gesê het daar is niks fout met die seun nie. In reaksie hierop het sy eksvrou hom glo daarvan beskuldig dat hy die dokter omgekoop het.

“Daardie grusame ondersoek [kolonoskopie] het my hart geskeur, want die kind se woorde was ‘ouch’, ‘stop’ en ‘Dadda’. Ek was so getraumatiseerd,” het hy Woensdag gesê voor hy in trane uitgebars het.

STAATSAANKLAER SIEK

Namandje het gister die staatsaanklaers daarvan beskuldig dat hulle doelbewus besig is om die borgtogaansoek in duie te laat stort.

Dit volg nadat die staatsaanklaer Seredine Jacobs gister die hof ingelig het sy is siek.

'n Sigbaar ontstelde Namandje het Jacobs en haar kollega, Bernadine Bertolini, daarvan beskuldig dat hulle “op die saak gespring het” omdat hulle persoonlik daarby betrokke is, ten spyte van die feit dat beide siek is met griep.

“Ek was nog nooit in my lewe in so ’n moeilike situasie geplaas nie. Nou hoes sy (Bertollini), maar sy verwag dat die regte van ’n kankerpasiënt [seun se ouma] opgeoffer moet word.”

Die verhoor is gevolglik opgeskort en tot vanoggend uitgestel en indien die verrigtinge nie vandag afgehandel word nie, sal die borgtogaansoek Dinsdag voortduur, indien landdros Immanuel Udjombola beskikbaar is.

Volgens ’n dokterskennisgewings wat aan die hof voorgelê is, is Jacobs reeds vanaf 11 Junie afgeboek tot 28 Junie.

“Borgtog[aansoeke] is dringend van aard. Hoekom het sy [Jacobs] by die saak betrokke geraak as sy afgeboek is? Sy het hulle [die beskuldigdes] emosioneel getraumatiseerd gelaat [. . .] My kliënt het aanhoudend gehuil en haar gesondheidsituasie is vererger nadat sy deur baie onsensitiewe vrae deur die aanklaer onderwerp is,” het hy gesê.

Namandje het daarop aangedring as daar geen aanklaers beskikbaar is nie, die ondersoekbeampte wat by die saak betrokke is, moet inkom en verduidelik hoekom die ouma, ’n vrou met kanker, sonder bewyse in hegtenis geneem is.

"Wat as sy in aanhouding sterf? Dit sal ’n groot verleentheid vir die regbank wees,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A