Erindi Private Wildreservaat. Foto erindi.com
Erindi Private Wildreservaat. Foto erindi.com

Erindi se interdik toegestaan

Uitspraak in dringende aansoek
Die hersieningsaansoek waarin Erindi die uitreiking van 'n eksplorasielisensie uitdaag, duur steeds voort.
Kristien Kruger
Die operateurs van Erindi Private Wildreservaat het daarin geslaag om ’n tussentydse interdik te verkry teen onder andere die ministerie van van mynbou en energie.

Die dringende aansoek vir die interdik is gebring as deel van ’n hersieningsaansoek om die besluit vir die uitreik van ’n eksplorasie lisensie (EPL) vir mynbedrywighede uit te daag.

Die lisensie is aan ene Lahia Junias uitgereik en Erindi beweer dat dit lisensie se gebied binne die grense van die reservaat val.

Die hoofbestuurder van Erindi, Paul Joubert, het in ’n verklaring beweer dat myn- en eksplorasiebedrywighede in die area van Erindi ernstige nagvolge tot die omgewing, diere en die reservaat se bedrywighede tot gevolg sal hê.

Nadat Junias toegang tot die gebied geweier is, het sy ’n aansoek by die kommissie vir aanvullende regte van minerale (MARC) gebring om toegang tot die area te kry sodat sy eksplorasie kan doen op grond van die lisensie wat reeds in Oktober verlede jaar uitgereik is.

UITSPRAAK

Erindi het die dringende aansoek gebring om dié aansoek en verhoor te staak, hangend die aansoek waarin hulle die uitreiking van die lisensie uitdaag. Die interdik is Donderdag in die hoërhof in Windhoek deur regter Hannelie Prinsloo toegestaan.

“Hangend die uitkoms van die hersieningsaansoek, word die kommissie [MARC] hiermee verbied om voort te gaan met die verhoor of om ’n besluit te neem met betrekking tot die aansoek deur [Lahia Junias].”

“In die geval dat die kommissie reeds ’n besluit geneem het om die aansoek toe te staan, word die kommissie verbied om die besluit te implementeer,” lui die hofbevel.

Met betrekking tot die hersieningsaansoek, wat nie op ’n dringende basis gebring is nie, is die saak uitgestel tot 3 Oktober vir verdere voorverhoorverrigtinge.

Die ander respondente in die aansoek is die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, die regering en die president.

UITDAGING VAN LISENSIE

In hofstukke beweer Joubert dat Erinidi - wat sowat 70 000 hektaar groot is - renosters en oor die 200 olifante huisves, asook talle ander bedreigde en gevaarlike diere. Hy beweer dat mynbedrywighede en eksplorasie in dié gebied die diere sal ontwrig en stres veroorsaak wat tot moontlike sterftes kan lei.

“Verder, gegewe die aantal gevaarlike diere (leeus, hiënas, wildehonde, seekoeie, olifante en renosters) in Erindi, is die aansoekers nie in die posisie om enigiemand se persoonlike veiligheid in die area te beskerm nie. Dit sal onhanteerbare mens-en-dierkonflik veroorsaak wat ons baie versigtig is om te vermy,” het Joubert gesê en bygevoeg dat dit moontlik ook stropers na die area sal lok.

Joubert het verder daarop gewys dat die verkryging van Erindi deur buitelandse beleggers die enkele grootste belegging in Namibië in 2020 was en dat die transaksie gegrond is op die voorneme dat Erindi ’n natuur- en wildreservaat sal bly.

“Eksplorasie en mynaktiwiteite kan die dood van diere en die vernietiging van habitat tot gevolg hê. Dit is vir die applikante ondenkbaar waarom die ministerie van myne en energie sal toelaat dat - wat blyk 'n spekulatiewe EPL [eksklusiewe prospekteerlisensie] binne 'n private natuur- en wildreservaat [Erindi] is - toegestaan word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...