Erindi wil mynbedrywighede stop

Eksplorasielisensie reeds uitgereik
Buiten vir die dringende aansoek vir 'n tussentydse interdik het die operateurs van Erindi ook 'n hersieningsaansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien.
Kristien Kruger
“Eksplorasie en mynaktiwiteite kan die dood van diere en die vernietiging van habitat tot gevolg hê. Dit is vir die applikante ondenkbaar waarom die ministerie van myne en energie sal toelaat dat - wat blyk 'n spekulatiewe EPL [eksklusiewe prospekteerlisensie] binne 'n private natuur- en wildreservaat [Erindi] is - toegestaan word.”

Dít het die hoofbestuurder van Erindi Private Wildreservaat, Paul Joubert, in ’n verklaring gesê wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is as deel van ’n dringende aansoek teen onder andere die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, die ministerie van myne en energie, die kommissie vir aanvullende regte van minerale (MARC) en Lahia Ndinelago Junias, die houer van die EPL.

In die dringende aansoek versoek die operateurs van Erindi ’n tussentydse interdik wat die verhoor vir Junias se aansoek sal staak om spesiale regte te bekom om toegang tot die gebied te kry, hangend die uitkoms van ’n hofaansoek waarin hul die uitreiking van die EPL en die ECC uitdaag.

Partye het Dinsdag voor regter Hannlie Prinsloo verskyn en die saak is uitgestel tot vandag (4 Julie).

ERINDI

In hofstukke beweer Joubert dat Erinidi - wat sowat 70 000 hektaar groot is - renosters en oor die 200 olifante huisves, asook talle ander bedreigde en gevaarlike diere. Hy beweer dat mynbedrywighede en eksplorasie in dié gebied die diere sal ontwrig en stres veroorsaak wat tot moontlike sterftes kan lei.

“Verder, gegewe die aantal gevaarlike diere (leeus, hiënas, wildehonde, seekoeie, olifante en renosters) in Erindi, is die aansoekers nie in die posisie om enigiemand se persoonlike veiligheid in die area te beskerm nie. Dit sal onhanteerbare mens-en-dierkonflik veroorsaak wat ons baie versigtig is om te vermy,” het Joubert gesê en bygevoeg dat dit moontlik ook stropers na die area sal lok.

Joubert het verder daarop gewys dat die verkryging van Erindi deur buitelandse beleggers die enkele grootste belegging in Namibië in 2020 was en dat die transaksie gegrond is op die voorneme dat Erindi ’n natuur- en wildreservaat sal bly.

EPL EN ECC

Joubert verduidelik dat hulle eers vanjaar bewus geword het van die EPL8325 wat reeds in Oktober 2022 goedgekeur is en geldig is tot 28 September 2025. Dit is glo uitgereik ten opsigte van dimensiesteen, basis- en skaars metale, industriële minerale en edelmetale.

Joubert beweer dat die EPL se area totaal en al binne Erindi val.

In die hersieningsaansoek maak Erindi op verskeie gronde staat in sy uitdaging van die besluit om die EPL uit te reik. Hulle voer onder andere aan dat hulle nie geleentheid gegun is om gehoor te word voordat die besluit geneem is nie, dat die minsiterie nie die toestand van die omgewing oorweeg het en ook nie die bewaring en beskerming van diere in ag geneem het nie.

Hulle daag ook die uitreiking van die omgewingsklaringsertifikaar (ECC) van die EPL in hul hersieningsaansoek uit. Joubert voer aan dat die ECC uitgereik is onder die wanopvatting dat die gebied nie binne Erindi se grense val nie.

VERHOOR EN INTERDIK

Junias het in Mei vanjaar die regering genader vir hulp om toegang tot die gebied te kry waarvoor sy ’n EPL het, omrede die operateurs van Erindi haar nie toegang tot die gebied toelaat nie. Sy het dus ’n aansoek by MARC gebring en partye is genooi om op 20 en 21 Mei vertoë te lewer.

Erindi se regsverteenwoordiger het op 21 Mei die MARC-verhoor bygewoon en Junias het ontken dat sy geweet het die gebied val binne die grense van Erindi.

Partye is daarna ’n geleentheid gegun om te onderhandel oor toegang tot die gebied en die saak is uitgestel tot 21 Junie om die uitkoms van die onderhandeling te hoor.

Erindi se operateurs beweer egter dat die MARC se verhoor foutief en onregmatig is en het gevolglik die hersieningsaansoek by die hoërhof gebring.

Hulle het die MARC versoek om die verhoor te staak en nie enige besluite oor Junias se aansoek te neem nie, hangend die uitkoms van die hersieningsaansoek.

Toe hulle egter niks van die MARC hoor in dié verband nie, het hulle die dringende aansoek gebring om die MARC te dwing om die proses te staak totdat die hersieningsaansoek afgehandel is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 Katima Mulilo: 8° | 32° Rundu: 8° | 30° Eenhana: 10° | 31° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 12° | 27° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 8° | 24° Windhoek: 6° | 20° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:41, High tide: 03:38, Low Tide: 22:03, High tide: 16:09 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 14km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:36, Low Tide: 22:01, High tide: 16:07 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:35, Low Tide: 22:01, High tide: 16:06 Rehoboth: 5° | 20° Mariental: 5° | 20° Keetmanshoop: 5° | 15° Aranos: 5° | 23° Lüderitz: 12° | 16° Ariamsvlei: 7° | 13° Oranjemund: 12° | 16° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 26° Lubumbashi: 11° | 30° Mbabane: 6° | 27° Maseru: 1° | 18° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 13° | 28° Windhoek: 6° | 20° Cape Town: 10° | 15° Durban: 9° | 23° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% Sport results: Currie Cup: Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 Weather: Katima Mulilo: 8° | 32° Rundu: 8° | 30° Eenhana: 10° | 31° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 12° | 27° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 8° | 24° Windhoek: 6° | 20° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:41, High tide: 03:38, Low Tide: 22:03, High tide: 16:09 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 14km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:36, Low Tide: 22:01, High tide: 16:07 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:35, Low Tide: 22:01, High tide: 16:06 Rehoboth: 5° | 20° Mariental: 5° | 20° Keetmanshoop: 5° | 15° Aranos: 5° | 23° Lüderitz: 12° | 16° Ariamsvlei: 7° | 13° Oranjemund: 12° | 16° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 26° Lubumbashi: 11° | 30° Mbabane: 6° | 27° Maseru: 1° | 18° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 13° | 28° Windhoek: 6° | 20° Cape Town: 10° | 15° Durban: 9° | 23° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82%