No Image Caption

Esau: 'Die staat moet vir my sorg'

Iréne-Mari van der Walt


Tydens 'n hofsessie vir die sakebestuur van die Fishrot-verhoor het die voormalige minster van visserye en mariene hulpbronne Bernhard Esau aan regter Kobus Miller gesê dat hy verwag die staat moet sy regskostes betaal omdat hy in sy kapasiteit as minister aangekla word.

Regter Miller het vir Esau herinner dat hy die reg het om aansoek te doen om regshulp, maar Esau het geantwoord dat hy 'n regsverteenwoordiger van sy eie keuse wil hê en dat die staat die finansiële las sal moet dra.

Dit volg die onttrekking van die prominente prokereur Richard Metcalfe en sy firma Metcalfe Beukes Attorneys as Esau se regsverteenwoordiger. Metcalfe se vennoot, Florian Beukes, verteenwoordig egter steeds vir Esau in sy gesamentlike borgaansoek met sy mede-beskuldigde Nigel van Wyk as 'n teken van goedertrou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!