Esau ‘geskok’ deur transaksies
'Mike het my naam gebruik'
Bernhard Esau het gister in die hoërhof getuig sy medebeskuldigdes het sy naam gebruik het tot hul eie voordeel.
Die gesamentlike borgaansoek deur Fishrot-beskuldigdes Nigel van Wyk en Bernhard Esau sal op 22 Mei hervat, nadat Esau gister getuig het dat hy nie die opdrag vir sekere beweerde onderduimse transaksies gegee het nie.
“Ek het nooit enigiets vermoed nie. Ek het nooit die omsigtigheidsondersoek (due dilligence) of bevestigings gedoen nie. Die minister se kantoor het nie die kapasiteit gehad nie,” het Esau, oudminister van visserye en mariene hulpbronne, getuig.
Hy het ontken dat hy die opdrag gegee het vir betalings aan die Swapo-party vir onder meer “regeringsdoelwitte (government objectives)” en “Kharas geleentheid gala ete Rosh Pinah”.
Hy het ook ontken dat ’n betaling van N$200 000 van Fishcor aan De Klerk Horn Coetzee Inc. (destyds regsfirma van Fishrot-beskuldigde Marén de Klerk) sy opdrag was.
Esau en sy regsverteenwoordiger, Florian Beukes, het ook ’n e-pos deur medebeskuldigde Mike Nghipunya as bewysstuk ingedien. Dié e-pos is glo deur Nghipunya geskryf en gee opdrag vir ’n betaling aan Swapo. Die e-pos se onderwerpreël is glo “Donasie vir veldtog”.
Nghipunya het volgens Beukes tydens sy eie borgtogaansoek getuig dat Esau opdrag gegee het vir hierdie betalings. Esau ontken dié getuienis.
“My medebeskuldigdes het my naam tot hul eie voordeel gebruik... Vir seker, hy (Nghipunya) het my naam gebruik,” het hy gesê.
PLOTTRANSAKSIE
Esau het ook getuig oor ’n plot naby Otjiwarongo wat Fishcor glo vir hom gekoop het. Hy het verduidelik hy het aan De Klerk genoem dat hy die plot wil koop en het ’n aanbod gemaak, maar hy het nooit terugvoering van De Klerk ontvang nie. Hy het getuig dis die rede waarom die plot nie voor die hof as deel van sy bates verklaar is nie.
“(James) Hatuikulipi het opdrag gegee om vir plot 51 te betaal. Ek het nie daardie instruksie gegee nie. Ek weet nie hoekom hy daardie opdrag gegee het nie. Ek was totaal geskok toe ek hiervan uitvind,” het Esau getuig.
Die oudminister het gister ook ontken dat hy bygedra het tot die massa-afdankings in die vissektor. Esau het getuig dat die huidige visseryeminister, Derek Klazen, onlangs op ’n openbare platform gesê het dat massa-afdankings in dié sektor die gevolg is van stakings.
‘SOEK GELYKE SPEELVELD’
Esau het aan regter David Munsu herhaal hy kan beter na sy gesondheid omsien indien hy borgtog toegestaan word. Hy het ook verwys na die onlangse finansiële hindernisse wat sy kanse op regsverteenwoordiging belemmer.
Richard Metcalfe het homself vroeg vanjaar as Esau se regsverteenwoordiger onttrek. Metcalfe se vennoot, Florian Beukes, het in Februarie aan Munsu gesê hy sal as ’n teken van goeder trou vir Esau in sy borgaansoek verteenwoordig. Beukes het reeds aangedui hy sal nie vir Esau verteenwoordig in die Fishrot-hoofverhoor, wat na verwagting in Oktober sal begin nie.
Esau het getuig dat hy sy vee en grondbates sal kan gebruik om die nodige fondse in te samel om ’n regsverteenwoordiger te bekostig.
“Ek het senior verteenwoordiging nodig. Die staat word deur seniors verteenwoordig. Ek soek ’n gelyke speelveld,” het Esau getuig.
Hy het aangedui hy sal N$200 000 vir borgtog kan betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie