Esau: Reistoelaes is ’winsgewend’
Die gewese minister se S&T-begroting was glo byna dubbeld soveel as sy jaarlikse salaris.
Mathias Haufiku – Die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernard Esau, het met die sak patats vorendag gekom oor hoe ministers reistoelaes gebruik om hul luukse leefstyle te finansier, en verder verduidelik hoe dit hom gehelp het om sy batebasis uit te brei.
Esau, wat Vrydag in verband met sy tweede borgtogaansoek in die hoërhof in Windhoek voor regter David Munsu verskyn het, het getuig hoe hy byna N$10 000 daagliks aan verblyf- en reistoelae (S&T) verdien het toe hy in sy amptelike hoedanigheid na die buiteland moes reis.
“Om te reis is winsgewend vir ministers; dit is waar ons ons geld maak en daarom is daar soveel openbare belangstelling,” het hy gesê.
Volgens Esau was sy reistoelaagbegroting per jaar sowat N$1,5 miljoen. Na bewering is S&T as ‘n kontantkoei vir staatsamptenare gebruik, met die staat wat jaarliks meer as N$200 miljoen aan reistoelaes bestee.
“As ek daardie begroting oorskry het, sou die mariene hulpbronnefonds gebruik word om vir my S&T voorsiening te maak. Ek het vroeër by beskeie plekke gebly om geld te spaar, so met diegene wat nie spandabelrig was nie, het hulle baie gespaar,” het hy gesê.
Ministers verdien jaarliks sowat N$940 000, wat beteken Esau se S&T-begroting was byna twee keer soveel as sy jaarlikse salaris. Hy het dié opmerkings gemaak terwyl hy verduidelik het hoe hy sy leefstyl met sy salaris, beleggings en reistoelaes kon bekostig. Hy het egter ontken dat hy opbrengste uit die Fishrot-komplot gebruik het om sy leefstyl te finansier.
‘MISLEI’
Die voormalige minister het gesê hy het Agribank-lenings uitgeneem om sy plaas in die Omahekestreek en ‘n Land Cruiser vir boerderydoeleindes te koop.
Esau het botweg ontken dat hy deel was van die Fishrot-sindikaat, en volgehou dat sy naam op grond van beskikbare bewyse deur sommige van sy medebeskuldigdes by die skandaal betrek is.
Hy het verder aanstoot geneem oor bewerings dat hy met van die beskuldigdes sake gedoen het.
“Ek voel verraai. Ek doen nie besigheid met kinders nie, net met my portuurgroep. Ek het nie met hulle oor besigheid gepraat nie. Sommige van hulle is jonk en professioneel in eie reg,” het hy gesê.
Hy het ook ontken dat hy sy medebeskuldigde Ricardo Gustavo ken. Die twee het in dieselfde straat in Windhoek se Hochland Park gewoon. Esau het gesê hy was “geskok” om te verneem dat meer as N$200 miljoen na bewering deur Fishrot gebuit is, en bygevoeg dat dit duidelik is dat hy “geblinddoek en mislei is om dokumente te onderteken”.
JAMES HATUIKULIPI
Tydens Esau se aansoek om borgtog wat gister voortgegaan het, is ‘n klag in verband met die aanstelling van James Hatuikulipi op die Fishcor-raad gister onder die loep.
Esau word daarvan beskuldig dat hy ‘n rol in Hatuikulipi se aanstelling gehad het vanweë die feit dat hy die neef van Tamson (Fitty) Hatuikulipi is. Fitty is Esau se skoonseun.
Esau het dit ontken en gesê hy het wou ‘n ander kandidaat aanstel, maar dat ‘n demokratiese besluit in die ministerie se beheerraad tot James se aanstelling gelei het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie