ALLOW ME: Former fisheries minister Bernhardt Esau told the High Court that he is ready to tell his side of the story. 
PHOTO: JEMIMA BEUKES
ALLOW ME: Former fisheries minister Bernhardt Esau told the High Court that he is ready to tell his side of the story. PHOTO: JEMIMA BEUKES

Esau se borgaansoek tot 2023 uitgestel

Sê hy voel verraai
Die voormalige minister van visserye sê hy het nooit alleen opgetree nie en oor "elke stap gekonsulteer".
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes –Die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernard Esau, se aansoek om borgtog is gister tot 27 Februarie 2023 uitgestel.

Dit sal sy vierde Kersfees agter tralies wees.

Esau het nadat die hof verdaag het, gesê dat die saak nou in ’n ramp ontaard het.

“Dit is baie onregverdig om iemand so lank gevange te hou sonder dat hulle skuldig bevind is. Dit is my vierde Kersfees sonder my familie, hulle is my morele ondersteuning en gee my moed,” het hy gesê.

Tydens gister se hofverrigtinge het Esau beklemtoon dat hy glad nie die een was wat visvangkwotas toegeken het nie en geen bekendmakings is aan hom gemaak oor hierdie toekennings nie, selfs noudat hy in die tronk is, moet hy dit nog sien.

‘SPYT’

Esau het Dinsdag in die hoërhof getuig hy is spyt hy het amptenare in sy ministerie blindelings vertrou, ’n besluit wat hom glo in die tronk laat beland het. Hy het bygevoeg hy is gereed om sy kant van die sage te stel.

Hy het gesê die 2015-wysigings aan die land se wet op visserye – wat die “Esau-wysigings” genoem word – het ten doel gehad om die bedryf meer toeganklik vir plaaslike rolspelers te maak en nie om homself te bevoordeel soos die staat beweer nie.

Die staat voer aan Esau het die Wet op Mariene Hulpbronne verander om homself en sy medebeskuldigdes deur die Fishrot-skema te bevoordeel.

Die voormalige minister het op sy beurt aangevoer dat die wysigings deur die kabinet goedgekeur is en daarna onbestrede deur die parlement geseil het, wat volgens hom ’n teken is dat wetgewers van beide die opposisie en die regerende party die wysigings ten volle ondersteun het.

“Daar was geen sameswering van my kant af om persoonlik by hierdie wysigings te baat nie, ook nie om enige ander persoon behalwe die regering en Fishcor te bevoordeel nie,” het hy gesê.

Esau het die wysigings as ’n “progressiewe stuk wetgewing” beskryf omdat dit gehelp het om “die bedryf oop te maak en die monopolie wat Namsov en Erongo Marine Enterprises destyds geniet het, te vernietig”.

‘EK VOEL VERRAAI’

Esau, wat tans verhoorafwagtend en in aanhouding is, het gesê hy voel verraai nadat hy sy vertroue in sy span by die ministerie geplaas het en veral in die aanklaer-generaal Martha Imalwa, in wie se aanstelling hy ’n hand gehad het.

“En vandag staar ek vervolging in die gesig.”

Hy het benadruk dat hy verraai voel oor die feit dat hy uiteindelik ernstige klagte in die gesig moes staar terwyl hy net met goeie bedoelings en in goeie trou opgetree het.

“Ek was heeltemal verstom. Ek het stilgebly. Ek is nie ’n persoon om te praat nie, maar as ek die geleentheid kry om te praat soos nou, voel ek verraai. In die sin en konteks toe ek probeer het om goeie werk te doen met alle goeie bedoelings met my aanvaarding van dit wat die amptenare wat ek vertrou het, aan my voorgestel het.

“Die [permanente sekretaris] het ek vertrou, ek het die direkteure vertrou en ek het die mense vertrou wat ek aangestel het. Ek voel verraai,” het hy gesê.

DISKREDITEER

Die voormalige vakbondman het gesê ‘n meedoënlose veldtog is gevoer om hom te diskrediteer en het selfs ’n publikasie getiteld Oshili Nashipopye ingesluit wat as insetsels in die plaaslike gedrukte media verkoop is. Dié strategie was glo daarop gemik was om sy beeld te skend sodat hy nie weer as minister van visserye aangestel sou word nie.

Volgens Esau was hy “uiters geskok” toe dié insetsels in die ministerie van visserye versprei is.

Hy het bygevoeg: “Hulle het vir my gesê ek sal tronk toe gaan.”

Dit nadat hy Erongo Marine Enterprises en Namsov se kwotas gesny het. Hy het nie die mense wat hom gedreig het se name genoem nie.

‘DIT WAS NIE EK NIE’

Esau, wie se naam gekoppel word aan een van die grootste korrupsieskandale wat die land nog gesien het, het Dinsdag die meeste van sy tyd daaraan bestee om die hof te probeer oortuig dat hy nie die Wet op Mariene Hulpbronne eensydig verander het nie.

Inteendeel, die besluit om die wet te hersien en te verander is aangevoer deur personeel en tegnokrate van die ministerie op grond van verskeie uitdagings wat die wetgewing gestel het, insluitend die feit dat hulle nie in staat was om visvangkwotas aan nieregtehouers toe te ken nie, het hy verduidelik.

Tydens ondervraging deur sy regsadviseur, Richard Metcalfe, het hy gesê hy wou beslis nie die wet verander om persoonlik daarby baat te vind nie.

Volgens hom het die plan om die wet te verander reeds in 2012 begin vorm; ’n Versoek aan die Kommissie vir Regshervorming en Ontwikkeling het egter stof vergaar totdat die saak weer in 2015 geopper is.

In Maart 2015 het die ministerie 'n tweedaagse interne werkwinkel oor die wetgewing rondom mariene hulpbronne gehou en in April 2015 is die wysigings aan die Wet op Mariene Hulpbronne deur die kabinet goedgekeur.

Esau het benadruk dat hy as minister nooit alleen opgetree het nie en oor “elke stap gekonsulteer het”, insluitend om die voorgestelde wysigings met oudpresident Hifikepunye Pohamba te bespreek en dit uiteindelik aan die kabinet voor te lê.

Hy het bygevoeg tydens hierdie proses, selfs toe hy die wysigings in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê het, was niemand “[teen] die wysigings nie”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!