Die voormalige minister van visserye, Bernhard Esau, se gesondheid belemmer glo vordering in sy aansoek om borgtog. Foto Iréne-Mari van der Walt
Die voormalige minister van visserye, Bernhard Esau, se gesondheid belemmer glo vordering in sy aansoek om borgtog. Foto Iréne-Mari van der Walt

Esau se gesondheid vertraag sy borgaansoek

Hofverrigtinge gaan vandag voort
Regter David Munsu het beslis as Bernard Esau nie betyds herstel nie, sal Nigel van Wyk se aansoek om borgtog eerste aangehoor word.
Iréne-Mari van der Walt
Nadat die Fishrot-beskuldigdes Bernard Esau en Nigel van Wyk se aansoek om borgtog Maandag in die hoërhof in Windhoek uitgestel is om Esau die geleentheid te gee om met sy regsverteenwoordiger te konsulteer, is verrigtinge weer eens gister uitgestel.

Esau se regsverteenwoordiger, Florian Beukes, het aan die hof verduidelik dat hul konsultasie onsuksesvol was weens Esau se gesondheid.

“Hy het nie gereageer nie, was lusteloos en klaarblyklik verswak. Hy kon dus nie behoorlike instruksies aan my deurgee nie. Daarom het ons gereël dat mnr. Esau na ’n hospitaal of mediese praktisyn geneem word,” het Beukes aan die hof gesê.

Esau sou na verwagting gister weer die getuienisbank ingeneem het en het glo gisteroggend gesê hy sien kans om die borgaansoek voort te sit, maar Beukes het ’n versoek aan regter David Munsu gerig om hofverrigtinge uit te stel hangende die uitslae van Esau se mediese ondersoek.

Munsu het die versoek toegestaan en verrigtinge tot vandag uitgestel en aangedui dat die hof met Van Wyk se aansoek om borgtog sal voortgaan indien Esau nie betyds herstel nie.

“Sou hy steeds ongesteld wees, sal ons aanskuif na die tweede aansoeker (Van Wyk) se borgtogaansoek in die belang van vordering,” het die regter gesê.

MEDIESE KWALE

Esau se verswakende gesondheidstoestand is een van die nuwe feite waarop die borgtogaansoek gebaseer is.

Hy het Desember verlede jaar getuig dat sy persoonlike omstandighede en mediese toestand sedert sy inhegtenisname in 2020 agteruitgegaan het. Hy ly glo aan verskeie hartkwale, asook artritis en diabetes.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!