Esau, Van Wyk hoor eersdaags oor borg

12 Desember is D-dag
Bernhard Esau se regsverteenwoordiger het aangevoer dit is nie in die openbare belang om iemand van sy ouderdom vir 'n uitgerekte verhoor in aanhouding te hou nie.
Kristien Kruger
Byna ’n jaar nadat twee Fishrot-beskuldigdes se borgtogaansoek begin het, sal Bernhard Esau en Nigel van Wyk op 12 Desember hoor of hulle op borgtog vrygelaat sal word of agter tralies sal bly.

Dit volg nadat Esau en Van Wyk se regsverteenwoordigers, Florian Beukes en Mbanga Siyomuinji, Vrydag slotbetoë in die hoërhof in Windhoek gelewer het.

Beukes het aangevoer dat die Fishrot-verhoor na verwagting langer as 10 jaar kan duur en dat dit nie in die openbare belang sal wees om iemand van Esau se ouderdom so lank in aanhouding te hou nie.

Die staatsaanklaer, Cliff Lutibezi, het egter volgehou dat dit nie in die openbare belang of die belang van geregtigheid sal wees om beide beskuldigdes op borgtog vry te laat nie.

Die verrigtinge vir die borgaansoek het op 14 Desember 2022 begin, waarna dit na Maart vanjaar uitgestel is en deur die loop van die jaar voortgeduur het met beide Esau en Van Wyk wat die getuienisbank ingeneem het.

Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) se hoofondersoekbeampte wat die ondersoek in die Fishrot-skandaal behartig het, Andreas Kanyangela, het vir die staat getuig.

Esau is sedert November 2019 in aanhouding en Van Wyk is in Desember 2019 in hegtenis geneem en is ook sedertdien in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.

SLOTBETOË

Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, het tydens sy getuienis ontken hy het viskwotas toegeken en beweer hy het net op die aanbevelings van die ministerie se destydse permanente sekretaris opgetree.

Hy het verder ontken dat hy enigsins finansieel by die beweerde Fishrot-skandaal en die misdadige optrede van sy medebeskuldigdes gebaat het.

Esau het verder ook ontken dat hy die meesterbrein agter die wysiging van die wet op mariene hulpbronne was, wat die Fishrot-beskuldigdes glo in staat gestel het om die beweerde korrupsie te pleeg.

“Die Raadgewende raad vir Mariene Hulpbronne het resolusies en wysigings aanbeveel. . . Ek, as die minister, het dit goedgekeur want ek het my amptenare vertrou.”

Van Wyk se regsverteenwoordiger het tydens Vrydag se verrigtinge aangevoer die staat het nie genoegsame bewyse om hom skuldig te bevind op die klagte waarop hy teregstaan nie.

Siyomuinji het verder aangevoer dat Van Wyk bewys het hy is ’n goeie kandidaat om op borgtog vrygelaat te word.

NUWE FEITE

Beide beskuldigdes se voormalige borgaansoeke is van die hand gewys en die nuwe aansoeke is op nuwe feite gebaseer.

Lutibezi het wel aangevoer dat die beskuldigdes nie daarin geslaag het om nuwe feite vas te stel wat die grondslag verander het waarop die aansoeke in die verlede van die hand gewys is nie.

Hulle sal wel voor 12 Desember weer in die hof verskyn vir die Fishrot-verhoor wat geskeduleer is om op 5 Desember te begin.

[email protected]

Verwante artikels:

ESAU, VAN WYK WAG OP BORGUITSPRAAK

FISHROT: HOF HOOR OOR ACC-ONDERSOEK

ESAU SE VRYLATING ‘NIE IN PUBLIEKE BELANG’

EK IS STEEDS ARM, SÊ ESAU

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!