Familie eis miljoene van Harvey Boulter
‘Het alle vertroue in Namibiese regstelsel’
Die wyle Gerhard van Wyk se vrou eis alleenlik byna N$50 miljoen in 'n siviele saak teen die Britse miljardêr wat na bewering haar man noodlottig gewond het.
Die vrou, twee kinders en skoondogter van wyle Gerhard van Wyk wat die plaasbestuurder van mnr. Harvey Boulter (52) se plaas was en op 27 Februarie verlede jaar doodgeskiet is, het onlangs ’n siviele saak teen Boulter by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak.
Die Britse miljardêr wat weer op 19 Mei in die hof sal verskyn op klag van moord, het reeds in hofstukke aangedui dat hy die saak teenstaan.
Me. Alta van Wyk, haar en die oorledene se kinders, Gerhard (jr.), Michelle, asook hul skoondogter Liani, eis altesaam sowat N$84,5 miljoen in skadevergoeding.
FAMILIE AANSKOU GLO SKIETERY
Die besonderhede van die eis wat die Van Wyk-gesin se regsverteenwoordiger by die hof ingedien het, bevat meer besonderhede van wat volgens hulle die dag van die noodlottig skietvoorval gebeur het.
“Die eiser, die oorledene, die eerste verweerder en ene Adam Such het ’n spitbraai op die plaas bygewoon,” lui die eis.
“Die eerste verweerder (Boulter) het die tweede eiser (Gerhard van Wyk jr.) aangeval en dit het in ’n gestoeiery ontaard.
“Die oorledene het probeer om die eerste verweerder (Boutler) te stop, waarna hy sy vuurwapen uitgehaal en hom geskiet het.”
Die voorval het glo voor Alta, Gerhard (jr.) en Liani gebeur.
Die oorledene het op pad hospitaal toe, wat 200 km weg was, aan sy besering beswyk.
“Die eerste verweerder (Boulter) het erken hy het die oorledene noodlottig gewond en sy dood veroorsaak,” beweer die Van Wyks in hul hofstukke.
Die oorledene en Alta het vir Boulter op die plaas gewerk en het buiten vir hul basiese inkomste ook behuising, selfoongeld en kos gekry en kon enige tyd van Boulter se maatskappy, SX Investments One (PTY) Ltd – wat as tweede verweerder in die saak gelys is – se voertuie gebruik maak. Die gesin woon nie meer op die plaas nie;
Alta eis alleenlik sowat N$50 miljoen. Sy eis sowat N$33 miljoen vir verlies aan ondersteuning; N$16 miljoen vir algemene skadevergoeding; verlies aan inkomste en 'n vrystelling van haar dienskontrak en betaling van N$137 500; N$1 miljoen vir ondraaglike lewensomstandighede ná die voorval en N$ 24 500 vir vervoerkoste en begrafnisuitgawes.
Die oorledene se seun, Gerhard (jr.) eis altesaam N$22,7 miljoen vir algemene skadevergoeding, verlies aan ondersteuning en ondraaglike lewensomstandighede ná die voorval.
Die oorledene se dogter eis N$8 miljoen en sy skoondogter N$3,9 miljoen weens dieselfde redes.
Die algemene vergoeding verteenwoordig volgens die eis, die emosionele trauma, skok, pyn en lyding wat die familie moes verduur toe hul moes aanskou hoe die oorledene geskiet is en hul pogings om sy lewe te red.
KENNISGEWING VAN VOORNEME
Die Van Wyk-gesin en hul regsverteenwoordiger, mnr. Trevor Brockerhoff, het hul eise op 20 Februarie vanjaar by die hoërhof in Windhoek ingedien.
Boulter se kennisgewing van voorneme om te verdedig is op 8 April op die elektroniese hofstelsel gelaai, maar nog geen pleitstukke is ingedien nie.
Boulter het gister aan die koerant gesê: "Ek is bly dat die saak voor die Namibiese hoërhof aangehoor word en ek het alle vertroue in die Namibiese regstelsel.
"Ons sal 'n robuuste verweer aanbied, maar dit is net reg dat die hof ons verweer eerstehands aanhoor, so ek sal nie verder kommentaar lewer nie.”
Boulter het voorheen beweer die eise teen hom is deel van 'n afpersingsplan deur die familie.
Hy word deur mnr. Sisa Namandje verteenwoordig en SX Investments One deur mnr. Kadhila Amoomo (die prokureur wat Boulter in die strafregtelike saak verteenwoordig).
Die partye se regsverteenwoordigers het Woensdag in kamers met regter Orben Sibeya vergader en die saak is volgens ’n hofbevel tot 19 Mei vir statusverhoor in die hoërhof in Windhoek uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie