Familie emosioneel ná vonnis

25 jaar tronkstraf
Die oudpolisieman verbonde aan die afdeling vir geslagsgeweld het sy eksmeisie in 2021 wreed aangeval en met 'n mes doodgesteek.
Rita Kakelo
Die families van die oudpolisieman Morgan Brian Plaatjie (46) en sy oorlede eksmeisie, Yvette Louw, was in trane toe regter Dinnah Usiku hom gister tot 25 jaar tronkstraf gevonnis het.

Plaatjie het Louw sowat drie jaar gelede verskeie kere op haar arms, bors, rug en nek met ’n mes gesteek. Dit is ten spyte van die feit dat sy voor haar dood verskeie beskermingsbevele teen hom gehad het.

Tydens hofverrigtinge voor die vonnisoplegging het Louw se stiefpa, Henry Nicolas, aan die hof gesê dat Plaatjie se gedrag van mishandeling bekend was onder familie en kollegas. Louw het glo voortdurende huishoudelike geweld verduur.

Plaatjie was voorheen ’n speurder verbonde aan die polisie se eenheid teen geslagsgebaseerde geweld en is gister in die hoërhof in Windhoek gevonnis.

Nicolas het ná die vonnisoplegging sy ontevredenheid oor die vonnis uitgespreek wat volgens hom te lig is. Hy meen dat Plaatjies steeds ná die 25 jaar, jonk genoeg sal wees om voort te gaan met sy lewe.

Volgens 'n sielkundige se verslag, het Plaatjie en Louw se verhouding baie stryery bevat wat hoofsaaklik gefokus het op die vaderskap van hulle dogter.

“Die beskuldigde [Plaatjie] was verpletter deur die nuus wat hy van 'n sekere vrou ontvang het dat hul dogter nie syne is nie,” lui die hofstukke.



WREED AANGEVAL

Plaatjies het in die aand van 25 Junie 2021 onverwags by Louw se erf opgedaag terwyl sy en haar lewensmaat buite die huis gesit het. Hy het hulle aangeval en albei verskeie kere met ’n mes gesteek. Louw se lewensmaat het daarin geslaag om van die toneel te vlug. Plaatjie het egter sy geweldadige aanranding op Louw voortgesit.

Sy het in die huis ingehardloop en haarself in die huis toegesluit, maar Plaatjie het die deur afgebreek en aangehou om haar te steek. Nadat Louw haarself teëgesit het, het sy uiteindelik inmekaargesak.

Plaatjie het die polisie gebel en hulle versoek om haar hospitaal toe te neem. Haar 14-jarige dogter en agtjarige seun woon sedert haar moord by familielede.



VONNISOPLEGGING

Plaatjies is skuldig bevind op ses klagte wat insluit moord, aanranding, die opsetlike beskadiging van eiendom en die oortreding van beskermingsbevele.

Op die klag van moord is hy tot 22 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ’n bykomende drie jaar tronkstraf opgelê vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Op die ander klagte is hy tot altesaam drie-en-’n-half jaar tronkstraf gevonnis wat gelyktydig uitgedien sal word met die 25-jaarvonnisse vir die moord- en aanrandingsklagte.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.53 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.76 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1657.11 | USD to ZAR 17.54 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.89/OZ DOWN -0.0026 | Copper US$ 4.58/lb UP +1.23% | Zinc US$ 3 201.50/T UP 2.54% | Brent Crude Oil US$ 78.73/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 992.81/OZ UP +0.05% #N/A