• Tuisblad
  • Howe
  • First Light-beskuldigdes se saak hervat in 2025

First Light-beskuldigdes se saak hervat in 2025

Iréne-Mari van der Walt
Die verdagtes wat as deel van Operasie First Light in Namibië gevang is, sal na verwagting op 30 Maart 2025 in die Windhoek-landdroshof verskyn.

Alle verdagtes is tans vry op borgtog, nadat hulle in hegtenis geneem is as deel van ’n beweerde kubermisdaadsindikaat.

Interpol het in ’n verklaring gesê 3 950 verdagtes is wêreldwyd gearresteer en nog 14 643 verdagtes is deur dié inisiatief geïdentifiseer.

Volgens Interpol is “’n gesofistikeerde internasionale swendelnetwerk” in Windhoek afgetakel.

Agt-en-tagtig jong mense wat na bewering gedwing is om bedrieglike aktiwiteite uit te voer, is glo gered met die polisie wat op 163 rekenaars en 350 selfone beslag gelê het. Hierdie toestelle is aan Interpol se hoofkantoor oorhandig vir ontleding.

“Die ondersoek is in ’n sensitiewe stadium, ons jaag teen tyd om die ondersoek voor die volgende hofdatum af te handel,” het adjunkkommissaris G.J. Kaura, die hoof van die ondersoekafdeling vir handelsmisdaad, gesê.

Interpol het ook gespesialiseerde beamptes na Namibië gestuur om die Namibiese polisie op nasionale vlak te ondersteun as deel van Operasie First Light.



WÊRELDWYD

Behalwe vir Namibië, het Operasie First Light in 60 lande toegeslaan, 6 745 bankrekeninge bevries en beslag gelê op bates ter waarde van US$257 miljoen, met die fokus op uitvissing, beleggingsbedrog, vals aanlyn inkopiewebwerwe sowel as romanse en bedrog wat met voordoening verband hou.

Die bates ter waarde van US$257 miljoen bestaan ??onder meer uit US$135 miljoen se kontantbates in verskeie geldeenhede, US$2 miljoen in kriptogeldeenhede en ander bates soos vaste eiendom, luukse juweliersware en motors ter waarde van US$120 miljoen.

’n Oorplasing van US$331 000 van ’n Spaanse slagoffer na Hongkong, China, is onder meer onderskep en AU$5,5 miljoen is vir ’n Australiese slagoffer verhaal van ’n bedrieër wat hom glo as iemand anders voorgedoen het.

Interpol het reeds in 2014 aan Operasie First Light begin werk deur pogings in lidlande te versterk om sosiaal-gemanipuleerde en telekommunikasiebedrog te bekamp.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!