Fishrot-6 bly agter tralies

Borgtogaansoek van die hand gewys
Die Fishrot-beskuldigdes se pogings in die verlede om by die ondersoek in te meng, het bygedra tot die weiering van borgtog.
Kristien Kruger
Ses van die Fishrot-beskuldigdes se aansoek om borgtog is Vrydag in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.

Hoewel regter Shafimana Ueitele nie met sekerheid kon sê of die beskuldigdes nie hul verhoor sou deurstaan nie, is hy van mening die beskuldigdes kon nie bewys dat hul vrylating in die belang van regspleging sou wees nie.

“Die aansoekers het nie die hof oortuig dat hulle nie by die ondersoek of getuies sal inmeng nie,” het Ueitele tydens sy uitspraak gesê.

Hy het verder bevind onvoldoende bewyse bestaan dat die beskuldigdes se regte geskend word, soos wat hulle in verklarings en mondelingse getuienisse beweer het nie.

“Die aansoekers het nie genoegsame inligting aan die hof verskaf om te bewys hoe hul regte geskend word nie.”

Mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, Philipus Mwapopi en Otneel Shuudifonya bly in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis waar sommige reeds sowat twee jaar aangehou word.

Dit is Nghipunya se tweede aansoek om borgtog en sy aansoek was op nuwe inligting gebaseer.

STAAT SE BESWARE

Die staat het op ses gronde van beswaar gesteun om die toelating van borgtog te weier en een daarvan was die erns van die saak.

“Die aansoekers weet nou hoe ernstig die aanklagte teen hulle is en indien hulle skuldig bevind word, sal hulle swaar vonnisse opgelê word en dit gee vir die aansoekers ’n rede om te vlug,” het die staat se sleutelgetuie, die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoofinspekteur Andreas Kanyangela, in die getuiebank gesê.

Ueitele het ook hierdie punt in sy uitspraak uitgelig en benadruk ’n bedrag van N$317 miljoen is in die korrupsiesaak ter sprake.

Hoewel die aansoekers getuig het dat hul geen bedoelings het om by die ondersoek en getuies in te meng nie, het die staat die teendeel probeer bewys. Die staat het die hof vergewis van die beskuldigdes se pogings om in die verlede by die ondersoek in te meng.

Tydens Kanyangela se getuienis is sommige van die aansoekers se pogings om by die ondersoek in te meng, onder die loep gebring.

Shanghala het glo sy assistent, en nou sy medebeskuldigde, gevra om dokumente vanuit sy huis te verwyder, Hatuikulipi het na bewering lede van die ACC probeer omkoop en beide is ook met selfone in die tronk betrap.

“Ek stem saam met die staat op hierdie punt. Die aansoekers het nie die hof oortuig dat indien hulle op borgtog vrygelaat word, hulle nie sal probeer om bewyse te verdraai of onderdruk nie en dit is ’n werklikheid dat die aansoekers moontlikheid met die ondersoek sal inmeng nie,” het Ueitele gesê.

RICARDO GUSTAVO

Die Fishrot-beskuldigde, mnr. Ricardo Gustavo, se aansoek om borgtog is in Oktober verlede jaar toegestaan.

Ueitele het tydens sy uitspraak gesê die aansoekers se steun op dié uitspraak, is misplaas.

“In dié saak het regter Oosthuizen bloot die regte uitgelig, maar verduidelik nie vir die leser van daardie uitspraak hoe die regte geskend is nie.

“Dit moet in gedagte gehou word dat alle aansoekers met ’n lasbrief in hegtenis geneem is en hierdie hof het die wettigheid van daardie lasbriewe getoets, wat beteken die inhegtenisnemings was nie onwettig of arbitrêr nie,” het Ueitele gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067