Sacky Shangala beweer staatsverteenwoordigers jok in die hof. Foto argief/Iréne-Mari van der Walt
Sacky Shangala beweer staatsverteenwoordigers jok in die hof. Foto argief/Iréne-Mari van der Walt

Fishrot: ACC soek glo nuwe verklarings

Staat jok, sê Shanghala
Die voormalige minister van justisie beweer 'n ACC-ondersoeker vra getuies om hul verklarings te verander.
Iréne-Mari van der Walt
Die Fishrot beskuldigde Sacky Shanghala het Vrydag in die hoërhof aangevoer dat ’n ondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) werknemers by die ministerie van visserye en mariene hulpbronne vra om hul verklarings te verander.

"Daar is ’n ene Andreas Kanyangela (hoofondersoekbeampte) by die ministerie van visserye wat mense vra om hul verklarings te verander," het hy voor regter Moses Chinhengo gesê in ’n ex-parte aansoek waarin Shanghala, Tamson (Fitty) Hatuikulipi en Pius Mwatelulo vra dat Chinhengo homself van hul verhoor verwyder. Onder meer beweer Shanghala dat Chinhengo se dienskontrak sedert 1 Januarie vanjaar nie meer geldig is nie omdat dit glo verval het.

Shanghala het ook aangevoer dat die staat se saak nie in die strewe na geregtigheid gewortel is nie. "As dit gegaan het oor die wet, sou hulle nie die leuens vertel het wat hulle doen nie," het hy gesê.

Die voormalige minister van justisie beweer ook dat die staat nie met hom en sy medebeskuldigdes oop kaarte speel nie. Hy beweer inligting is van hulle weerhou. "Hoekom is daar ’n nuwe openbaarmaking met elke borgtogaansoek? Hoekom moet jy (Chinhengo) hulle glo?"

Regter Moses Chinhengo het vir Shanghala gerusgestel deur te verduidelik dat hy (Shanghala) eenvoudig kan sê wanneer hy voel die staat se bewerings is nie waar nie. "Ek moet ’n besluit neem op wat ek glo is relevante betoë. Moet jou nie te veel bekommer of hulle jok of nie. Jy kan net aandui dat dit jou siening is dat hulle bewerings nie houdbaar is nie en dan vat ons dit van daar af," het Chinhengo gesê.

Een van die drie staatsaanklaers in die Fishrot-verhoor, Ed Marondedze, het in antwoord op Shanghala se bewerings dat hulle inligting weerhou, gesê hulle was nie van plan om te steun op die betrokke inligting nie. Marondedze het verwys na inligting wat glo in Desember 2023 deur die beskuldigdes aangevra is. "Die inligting is eers in Desember 2023 aangevra - die staat het sy voorverhoor-memorandum in 2020 bekendgemaak. As hulle dit in April 2021 aangevra het, sou hulle dit toe reeds gekry het. Die staat het nooit gesê hy gaan op daardie dokumente staatmaak nie," het hy gesê.

Die staat word vereis om die bewyse waarop hy sal staatmaak in ’n kriminele verhoor openbaar te maak om te sorg dat die beskuldigdes hul verweer kan voorberei.

Chinhengo het hierop geantwoord dat die informele manier waarop kwessies, soos die deel van inligting, in die verhoor hanteer word, dit moeilik maak om ander kwessies in die hof aan te spreek.

Regter Moses Chinhengo sal na verwagting op 8 Augustus uitspraak lewer in die ex-parte aansoek.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A