Fishrot: AG probeer verrigtinge vertraag
Imalwa wil nog verklarings indien
“Sy [aanklaer-generaal] het selfopgelegde maatstawwe vir wanneer om ’n aansoek te bring om verdere beëdigde verklarings in te dien. Ons nooi die AG uit om ’n enkele saak te verskaf waar ’n private litigant met so ’n selfopgelegde reël weggekom het. Of moet sy inderdaad anders behandel word?”
So beweer die regsverteenwoordigers van die maatskappye wat by die Fishrot-korrupsieskandaal betrokke is, in die saak waarin ’n beperkingsbevel ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) reeds in November 2020 uitgereik is. Dit sluit in ses Namibiese maatskappye met buitelandse direkteure.
In die saak het die aanklaer-generaal, Martha Imalwa,’n aansoek gebring om toestemming te verkry om bykomende verklarings in te dien.
Advokate Raymond Heathcote (SC) en Eliaser Nekwaya het in hofstukke aangevoer die AG het versuim om die etiese grondslag van geregtelike saakbestuurprosesse te handhaaf.
Hulle beweer die AG het die bevele gekry gebaseer op die voorneme dat die buitelandse direkteure opgespoor, uitgelewer en as partye by die hangende vervolging gevoeg sal word.
“Byna drie jaar later is die buitelandse direkteure steeds nie uitgelewer nie. Die AG poog nou om haar saak aanmekaar te pleister om die Namibiese maatskappye se bates te beperk,” beweer Heathcote en Nekwaya.
Partye het gister voor regter Orben Sibeya in die hoërhof in Windhoek verskyn.
VERVOLGING VRYSPRING
Die AG beweer in hofstukke dat die maatskappye probeer om vervolging vry te spring.
“Die buitelandse direkteure het op rekord gesê hulle sal enige poging teenstaan om hulle aan Namibië uit te lewer. Hulle teenkanting teen hierdie aansoek is deel van hulle plan.”
Sy voer verder aan die bewering dat sy versuim het om te bewys dat daar buitengewone omstandighede is wat die indiening van verdere verklarings kan regverdig, ongegrond is.
“Die maatskappye besef nie die voortdurende en ontwikkelende aard van batebeslagleggingsverrigtinge onder Poca nie. Hulle besef ook nie dat hierdie hof jurisdiksie het oor die Namibies-geregistreerde maatskappye nie, ongeag die uitlewering van die buitelandse direkteure.”
Sy beweer ook dat die maatskappye nie benadeel sal word as verdere beëdigde verklarings ingedien word nie.
Heathcote en Nekwaya sê dit is ondanks die feit dat die Namibiese maatskappy nie toegang tot die bates ter waarde van meer as N$300 miljoen het nie.
MAATSKAPPYE WORD ‘BENADEEL’
In hofstukke beweer Heathcote en Nekwaya die AG poog om verrigtinge te verleng deur bewerings van belastingoortredings en moontlike oortredings wat deel vorm van ’n Bank of Namibia (BoN)-ondersoek.
“Die AG het besef sy kan nie die buitelandse direkteure opspoor en uitlewer voor die strafregtelike saak op 2 Oktober begin nie. Sy probeer nou om die verhoor en die onvermydelike afkeuring van die beperkingsaansoek op meriete te vertraag.
“Intussen word die verweerders steeds benadeel as gevolg van regskoste en die versuim om die aansoeke af te handel. Hoeveel langer moet hulle nog benadeel word?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie