‘Fishrot-bedrogspul’ kom onder skoot
Staat het glo sterk saak
Die staat het gister hul kruisondervraging afgehandel en mnr. Tamson Hatuikulipi se prokureur sal hom vandag herondervra.
Ná vyf dae van kruisondervraging het die staat gister hul laaste vrae oor sameswerings en belastingontduiking gevra en hul ondervraging afgesluit.
Die staatsaanklaer, mnr. Ezekiel Ipinge, het beweer mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi het se rykdom bekom deur bedrog te pleeg en die bedrieglike aktiwiteite wat in die saak ter sprake is.
“Ek was ryk voordat ek vir Samherji begin werk het,” het hy gesê.
Ipinge het gesê die staat het ’n sterk saak teen Hatuikulipi en dit kan waarskynlik ’n bydraende faktor wees vir hom om te vlug indien sy aansoek om borgtog toegestaan word.
“Ek sal nie vlug nie. Ek sal my verhoor bywoon en ek is van plan om onskuldig te pleit, want ek is onskuldig,” het hy geantwoord.
KOMPLOT OM BEDROG TE PLEEG
Die staat beweer die Fishrot-beskuldigdes het saamgesweer om die misdade te pleeg.
Ipinge het aangevoer hulle het saamgesweer dat mnr. James Hatuikulipi as die voorsitter van Fishcor aangestel word en mnr. Mike Nghipunya as die uitvoerende hoof van dieselfde entiteit.
Die beskuldigdes het saamgewerk om die wet te wysig, het die staat beweer, om die minister die reg te gee om visvangkwotas aan nieregtehouers toe te ken, dat Fishcor gekies word as die entiteit om kwotas vir regeringsdoeleindes te ontvang en ’n ooreenkoms met Samherji gesluit word om dié kwotas te vang.
“Die gemeenskaplike doel was vir jou en jou medebeskuldigdes om voordeel te trek uit die opbrengs van die kwotas wat vir regeringsdoeleindes gebruik moes word en dit onder mekaar te verdeel,” het Ipinge gesê.
Hatuikulipi het dit ontken en volgehou dat hy nie met sy medebeskuldigdes saamgesweer het nie.
BELASTINGONTDUIKING
Ipinge het tydens kruisondervraging ’n ontleding van Hatuikulipi se inkomste en bankstate van die ministerie van finansies en ontvanger van inkomste deurgegaan.
Volgens dié dokument het Hatuikulipi vanaf 2014 tot 2019 sowat N$13,6 miljoen van sy inkomste onderverklaar en gevolglik Jan Taks uit meer as N$4 miljoen beroof.
Hy het na bewering in 2014 en 2015 onderskeidelik sowat N$400 000 onderverklaar, ongeveer N$700 000 in 2016, sowat N$920 000 in 2017, sowat N$5,2 miljoen in 2018 en sowat N$6 miljoen in 2019.
Hatuikulipi het die bewerings ontken.
OUDITVERSLAG ‘NIE AKKURAAT’
Die staat het aandui hulle wil ’n ouditverslag, wat deur die ouditfirma Deloitte saamgestel is, as bewysstuk indien.
Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, mnr. Florian Beukes, het beswaar oor die dokument se akkuraatheid aangeteken.
Beukes het kapsie gemaak teen die indiening van dié dokument as bewysstuk en gesê dit sou onregverdig wees om sy kliënt daaroor te kruisondervra.
“Voor in die verslag is ’n vrywaring van Deloitte wat sê die verslag is saamgestel gebaseer op die dokumente wat die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) aan hulle verskaf het.
“Hulle voer aan dat hulle nie die geleentheid gehad het om die betrokke persone [beskuldigdes] se weergawes in te vorder nie en dié inligting is nie in ag geneem in die samestelling van die verslag nie.
“Nie eers die ouditeure kan die akkuraatheid van hierdie verslag verseker nie,” het Beukes gesê.
Ipinge het uitgewys Beukes se beswaar is nie teen die toelaatbaarheid van die dokument nie, maar die akkuraatheid daarvan en dat dit, nes die talle ander dokumente waarteen Beukes beswaar gemaak het, nie nou ter sprake is nie. Hy het gesê borgtogaansoeke is meer toegeeflik oor die toelaatbaarheid van bewysstukke.
Regter Davis Munzu het die staat toegelaat om Hatuikulipi oor die verslag te kruisondervra.
Hy het egter geweier om vrae oor die verslag te beantwoord en het sy swygreg uitgeoefen.
Die saak duur vandag voort met Beukes wat sy kliënt sal herondervra.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie