Tamson Hatuikulipi

photo: Rita Kakelo
Tamson Hatuikulipi photo: Rita Kakelo

Fishrot: Fitty poog wéér vir borgtog

Aansoek tot 14 Oktober uitgestel
Terwyl die Fishrot-verhoor verskeie vertragings ervaar, het een van die beskuldigdes nóg 'n borgtogaansoek gebring.
Kristien Kruger,Rita Kakelo
Kristien Kruger en Rita Kakelo –Die jongste aansoek om borgtog vir een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, het verlede week in die hoërhof in Windhoek begin en is Vrydag tot 14 Oktober uitgestel.

Dit is sy derde poging om op borgtog vrygelaat te word en die aansoek is gebaseer op beweerde nuwe feite.

Die redes wat aangevoer word, sluit in die feit dat die verhoor nie soos geskeduleer op 2 November 2023 begin het nie, hy nou al vyf jaar in aanhouding is, sy verslegtende finansiële situasie en dat hy nie sy pligte teenoor sy kinders kan nakom nie.

Die staatsaanklaer, Ezekiel Iipinge, het tydens verrigtinge aangevoer dat Hatuikulipi gebruik is om die destydse minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernard Esau, in te span om ’n vergadering met Samherji te fasiliteer. Hatuikulipi is Esau se skoonseun en daarom het Samherji hom na bewering genader met die doel om die proses vir die verkryging van visvangkwotas te omseil.

Die staat voer aan dat Samherji omkoopgeld aan hom betaal het. Hatuikulipi ontken dié bewerings en hou vol dat hy geld van Samherji ontvang het vir konsultasiedienste wat hy gelewer het.

Die hoofondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC), Andreas Kanyangela, het verlede week getuig en was onder kruisondervraging toe die saak Vrydag uitgestel is.

KRUISONDERVRAGING

Tydens Kanyangela se kruisondervraging het Hatuikulipi se prokureur, Mbanga Siyomuinji, gepoog om die geloofwaardigheid van die staat se sleutelgetuie, Jóhannes Stefánsson, in twyfel te trek.

“Hierdie is nie ’n eerlike persoon nie. Hy is ’n selfverklaarde misdadiger,” het Siyomuinji gesê.

Hy het verder aangevoer dat Kanyangela en die ACC nie sekere aspekte van die saak deeglik ondersoek het nie en slegs op Stefánsson se verklaring staatgemaak het.

Kanyangela het daarop gewys dat dié verklaring onder eed afgelê is. Siyomuinji het hom egter uitgedaag en beweer dat talle mense later die inhoud van hulle eie verklaring weerspreek wanneer hulle in die hof getuig.

Die borgtogaansoek sal op 14 en 15 Oktober met die Kanyangela se kruisondervraging hervat, waarna die staat na verwagting sy saak sal sluit en partye slotbetoë sal lewer. Daarna sal ’n datum vir die uitspraak geskeduleer word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 0 Leganés European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 23° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 13° | 30° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:14, High tide: 05:25, Low Tide: 23:45, High tide: 17:42 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:23, Low Tide: 23:43, High tide: 17:40 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:22, Low Tide: 23:43, High tide: 17:39 Rehoboth: 11° | 30° Mariental: 9° | 26° Keetmanshoop: 7° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 9° | 22° Ariamsvlei: 7° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 12° | 18° Durban: 17° | 20° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 23° | 34° Harare: 19° | 31° #N/A #N/A