Fishrot hou hof besig met geldsake

Glo geen fondse in buitelandse rekening
Een van die sake handel oor die vrystelling van geld sodat Fishrotters hul prokureurs kan betaal en een van dié uitsprake sal môre gelewer word.
Kristien Kruger
“Om te sê dat hierdie saak die hof besig gehou het, is om dit sagkens te stel. Die hof is al sedert November 2020 met die saak besig en het tot dusver sewe uitsprake oor verskillende kwessies geskryf en gelewer.

“Hierdie is die agtste uitspraak en daar is nog geen einde in sig nie.”

So het regter Orben Sibeya in ’n uitspraak gesê wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is in die saak tussen die aanklaer-generaal (AG), Martha Imalwa, en die Fishrot-beskuldigdes. Die saak is ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) gemaak en is aanvanklik gebring om ’n beslagleggingsbevel te verkry om die Fishrot-beskuldiges se bates te vries.

Hoewel die aansoek om ’n beslagleggingsbevel reeds in Mei 2023 afgehandel is, het verskeie ander kwessies sedertdien opgeduik.

GEVRIESDE BATES

Sommige van die Fishrot-beskuldigdes het aansoeke ingevolge afdeling 26 van die Poca-wette gebring om toegang tot hul gevriesde bates te verkry om hul prokureurs te betaal.

Onder die beskuldigdes wat hierdie aansoeke gebring het, is James Hatuikulipi en Bernard Esau.

In beide hierdie sake beweer Imalwa dat hulle nie genoeg inligting oor hul finansies bekend gemaak het om die hof in ’n posisie te plaas om te beslis oor die vrystelling van die gevriesde bates nie.

Imalwa het in hierdie sake die kwessie van geld in ’n buitelandse rekening onder die loep gebring, maar Hatuikulipi ontken die bewerings dat hy meer as N$60 miljoen in ’n Dubaise bankrekening het.

Die hof sal môre uitspraak lewer in Hatuikulipi se aansoek dat N$5,75 miljoen beskikbaar gestel moet word

ANDER KWESSIES

“Die aansoek om ’n beperkingsbevel het ’n ander wending geneem toe die verweerders [Fishrotters] ’n aansoek gebring het om die AG en Jóhannes Stefánsson (hokaairoeper) te kruisondervra,” het Sibeya in sy aansoek opgemerk.

Ten spyte van die feit dat die verweerders gefaal het in hul aansoek, het hulle ’n petisie by die hoofregter ingedien om dié besluit te hersien, maar dit was ook onsuksesvol.

Daarna het die partye toestemming gekry om aanvullende beëdigde verklarings in te dien.

ONLANGSE UITSPRAAK

Die uitspraak wat gister gelewer is, het betrekking tot wanneer ’n tussentydse aansoek aangehoor moet word.

Die aansoek handel oor die inhoud van Imalwa se aanvullende verklaring wat die verweerders beweer onreëlmatig en teenstrydig met die hof se reëls is.

Die verweerders het daarop aangedring dat dié aansoek apart aangehoor moet word, voordat die saak op meriete voortgaan.

Sibeya het egter in Imalwa se guns beslis en beveel dat die kwessies saam aangehoor moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!