Fishrot: 'Laat ons vry'
Ses tot agt maande om onthullings te lees
Die Namibiese regstelsel het die Fishrot-beskuldigdes finansieel 'kaal gestroop om seker te maak hulle is nie in 'n posisie om hulself doeltreffend te verdedig nie'.
Jemima Beukes - Drie van die Fishrot-beskuldigdes het by die hoërhof gepleit om hulle vry te laat en hulle sodoende die voldoende geleentheid te gun om ’n “topverdediging” voor te berei.
Die voormalige wetgewer en Fishrot-beskuldigde, Sacky Shanghala, sê die Namibiese regstelsel het hom en sy medebeskuldigdes finansieel kaal gestroop om seker te maak hulle is nie in ’n posisie om hulself doeltreffend te verdedig nie. Ten spyte van ’n duidelike fisieke verandering met Shanghala wat heelwat gewig verloor het, het sy kenmerkende welsprekendheid, dikwels beskryf as hoogdrawendheid, nie verdwyn nie.
Tydens sy verskyning gister het Shanghala die styl van ’n digter aangeneem wat Shakespeare voordra om die erns van hul finansiële verknorsing – wat hulle sonder enige regsverteenwoordiging gelaat het – te beklemtoon.
“Ons ontken betrokkenheid in enige onwettige of misdadige optrede. Ons het beslis nie enige misdaad gepleeg nie. ’n Eenvoudige onskuldige pleit mag dalk nie genoeg wees om te verseker ons verdediging sal seëvier nie. Ons moet raad ontvang oor die terme van die pleite wat ons moet indien om onsself op die beste manier te verdedig.
“Trouens, as gevolg van sommige stellings soos dié wat verband hou met die gebrek aan gesag aan die kant van die ondersoekagentskap in hierdie geval en die nienakoming van sy eie wetgewing.
“Ons sal die leiding van forensiese kundiges in litigasie nodig hê om te ondersoek of die aanklagte van die hand gewys kan word,” het Shanghala gesê.
In ’n aansoek wat verlede jaar gebring is, het die beskuldigdes beweer die Teenkorrupsiekommissie van Namibiê (ACC) het geen magte om die klagte van geldwassery en rampokkery teen hulle te ondersoek nie en het probeer om die hof wys te maak dat dit alles korrupsiemisdade was.
Shanghala het verskeie struikelblokke uitgelig wat hy glo die regsproses in die Fishrot-saak ondermyn, insluitend die aanstelling van die 68-jarige waarnemende hoërhofregter, Moses Chinhengo.
Volgens die Namibiese Grondwet word alle regters, buiten waarnemende regters, toegelaat om tot die ouderdom van 65 diens te verrig. Die president het egter die mag om die aftree-ouderdom van enige regter tot 70 jaar te verleng.
“Jy is nie ’n Namibiese burger nie. Dit beteken jou aanstelling is ’n vastetermynkontrak. Op die basis van artikel 82 eindig jou aanstelling wanneer jy 70 word. ’n Regter sal geregtigheid sonder vrees of vooroordeel nastreef. Of die hof dien ’n pleit namens my in en die verhoor begin of dit begin weer wanneer jy 70 word of nie kan voortgaan nie, want die president stel jou nie aan nie. Dit wil voorkom asof die vastetermyn-aanstelling spesifiek vir hierdie strafregtelike saak is,” het Shanghala gesê.
Hy het ook uitgewys die regshulpdepartement – onder leiding van Patience Daringo wat in Zimbabwe gebore is – kan ’n situasie skep wat onpartydigheid en regverdigheid in hulle saak kan verhinder.
Volgens Shanghala, wat soos sy medebeskuldigdes James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo homself verdedig, sal dit hulle minstens ses tot agt maande neem om die 148 000 bladsye en onthullings, sowel as die 6 925 bladsye van die beperkingsaansoek van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) te lees.
Daar is ingevolge afdeling 25 van Poca beslag gelê op die beskuldigdes se bates – insluitend hul bankrekeninge wat reeds in 2020 gevries is en wat hulle verhoed om hul regsverteenwoordigers te betaal.
Shanghala en sy Swapo-kameraad en voormalige minister van visserye, Bernhard Esau, het onlangs by die regering aansoek gedoen om hul regskoste te dek aangesien hulle in hul amptelike hoedanighede aangekla is vir besluite wat hulle as ministers geneem het.
Shanghala het breedvoerig die Grondwet aangehaal om te beklemtoon hoe hul reg tot ’n vrye en regverdige verhoor en eiendomsregte deur die regstelsel geskend is. “Dit is met respek dat hierdie eerbare hof moet verseker dat ons die volle omvang van die reg toegeken word om vir en tydens die verhoor voor te berei,” het hy gesê.
Chinhengo het egter die Fishrot-beskuldigdes se voorwaardes verwerp, met die verhoor wat vandag begin en waartydens hul pleit teen die verskeie klagte teen hulle ingedien sal word. Die klagte sluit onder meer in omkopery, geldwassery, belastingontduiking en rampokkery.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie