Fishrot-saak: Nuwe regter aangestel
Verhoor begin op 2 Oktober
'n Nuwe regter is etlike weke voor die aanvang van die Fishrot-verhoor aangewys.
Die nuut aangestelde regter Moses Hungwe Chinhengo sal Kobus Miller vervang as die voorsittende regter in die Fishrot-verhoor, wat na verwagting in Oktober sal begin.
Die Zimbabwies-gebore regter is gisteroggend as regter van die hoërhof ingesweer. Hy is in Maart vanjaar op aanbeveling van die Regterlike Dienskommissie deur president Hage Geingob aangestel.
Die Fishrot-verhoor, waarin 11 mans teregstaan op aanklagte wat verband hou met die viskwota-skandaal waarby N$315 miljoen betrokke is, sal na verwagting op 2 Oktober begin nadat die eerste van die beskuldigdes reeds in 2019 in hegtenis geneem is.
Chinhengo se aanstelling volg net meer as ’n week nadat drie Fishrot-beskuldigdes, James Hatuikulipi, Sacky Shanghala en Pius Mwatelulo, se aansoek om Miller van die saak te verwyder, onsuksesvol was.
Hulle het aangevoer dat die wet die regterpresident, Petrus Damaseb, verhoed om ’n regter aan te stel wat ouer as 70 is. Miller is tans 75 jaar oud en is in Januarie vanjaar vir nog ’n termyn aangestel as ’n regter van die hoërhof.
Regter Boas Uusiku het egter bevind dat dit teenstrydig met die wet sou wees om Miller en Damaseb te dagvaar.
ONDERVINDING
Chinhengo het sy honneursgraad in regte aan die Universiteit van Zimbabwe verwerf en is in 1980 aangestel as die adjunksekretaris vir die Zimbabwiese ministerie van justisie en buitelandse sake. Hy het hierdie pos vir twee jaar beklee.
Daarna het hy gedien as die Zimbabwiese hoof van parlementêre sake en vir ses jaar gedien as die hoofregsbeampte vir die ministerie van justisie in Zimbabwe. Hy het in 1987 ’n Zimbabwiese afvaardiging gelei na ’n internasionale konferensie oor marienewette.
In Maart 1996 is hy as ’n regter van die hoërhof van Zimbabwe aangestel. Hy het in 2004 uit dié posisie bedank. Hy is in dieselfde jaar as ’n regter van die hoërhof van Botswana aangestel.
Hy het in 2021 as waarnemende regter van die hooggeregshof van Namibië gedien.
Hy het ook ervaring as ’n waarnemende appélregter in Lesotho se hoërhof.
BESKULDIGDES
Die gesamentlike aansoek om borgtog wat die twee beskuldigdes Nigel van Wyk en Bernhard Esau gebring het, is steeds hangend in die hoërhof onder die toesig van regter David Munsu.
Hierdie verhoor word hoofsaaklik tydens die hof se administratiewe breke aangehoor aangesien Munsu by die noordelike afdeling van die hoërhof gebaseer is en na die hoofstad moet reis om die saak aan te hoor.
Die uitleweringsverhoor van die prokureur Marén de Klerk duur steeds voort in Suid-Afrika waar hy maande gelede in hegtenis geneem is.
Verskeie Fishrot-beskuldigdes het in die afgelope maande van regsverteenwoordigers verander met Nigel van Wyk wat nou deur Milton Engelbrecht verteenwoordig word en Bernhard Esau wat aangedui het dat hy nie die fondse het om sy prokureurs by Metcalfe Beukes Attorneys as sy verteenwoordigers aan te hou nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie