Fishrot: Saak poer-poer voort
Tamson Hatuikulipi verskyn vandag
Die verhoor wat na verwagting meer as drie jaar sal duur, sloer reeds maande lank.
Die Fishrot-saak is gister weer eens uitgestel tot 14 Februarie 2023.
Verrigtinge is reeds maande gestaak weens ’n hangende versoek van een van die beskuldigdes in die hooggeregshof.
Nadat die howe gesukkel het om ’n regter aan die Fishrot-hoofverhoor toe te ken en regter-president Petrus Damaseb ingegryp en beslis het dat regter Kobus Miller die voorsittende regter moet wees, was die publiek en partye hoopvol die verhoor sal spoedig begin.
Ricardo Gustavo en sy regsverteenwoordiger, Trevor Brockerhoff, het onmiddellik ná Miller se aanwysing aangedui hulle sal ’n aansoek bring vir Miller om homself aan die saak te onttrek.
Die rede hiervoor was omdat Miller een van Gustavo se borgtogaansoeke aangehoor het en hulle beweer dat hy reeds gevolgtrekkings gemaak het met betrekking tot Gustavo se verdediging en daarom nie onpartydig tydens die verhoor kan wees nie.
Miller het die aansoek van die hand gewys en Brockerhoff het aansoek gedoen om verlof om teen dié beslissing te appelleer, maar dit is ook van die hand gewys.
Hierna het Brockerhoff ’n versoek by die hooggeregshof ingedien om Miller se beslissings te hersien, maar die hooggeregshof het nog nie ’n antwoord verskaf nie.
Dit is die rede waarom verrigtinge in die verhoor tans stilstaan. Die saak is op 19 Oktober uitgestel na gister om dieselfde rede.
LANG VERHOOR LÊ VOOR
In die meerderheid van die borgtogaansoeke wat deur Fishrot-beskuldigdes gebring is, is die kwessie van ’n uitgerekte verhoor op die voorgrond geplaas.
Die beskuldigdes beweer dat dit inbraak op hul reg tot ’n spoedige en regverdige verhoor maak.
Regter Oosthuizen het tydens Gustavo se borgtogaansoek gesê hy beraam dat die verhoor self, met sowat 300 getuies, twee tot vier jaar kan duur om af te handel.
Die staat het in die onlangse borgtogaansoek van Tamson Hatuikulipi gesê die staat is gereed om met die verhoor te begin.
Die staat het ook aangedui die verhoor kan voortgaan sonder die uitlewering van drie Yslandse beskuldigdes en Marén de Klerk. Hulle sake sal glo apart aangehoor word.
TAMSON VERSKYN VANDAG
Tamson se borgtogaansoek wat op nuwe feite gebaseer is, het reeds in Julie vanjaar begin en partye sal vandag voor regter Orben Sibeya verskyn vir slotbetoë waarna die datum vir die uitspraak na verwagting geskeduleer sal word.
Tamson se skoonpa en die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernard Esau, en sy medebeskuldigde, Nigel van Wyk, sal op 12 Desember in die hoërhof in Windhoek verskyn vir hul nuwe aansoek om borgtog.
GUSTAVO SE BORGTOG IN GEDRANG
Daar is ’n moontlikheid dat die enigste Fishrotter wat tans op borgtog vry is, terug agter tralies kan beland.
Gustavo wag tans op ’n uitspraak van die hooggeregshof nadat die staat teen sy toekenning van borgtog geappelleer het.
Die res van die beskuldigdes sal nog ’n Kersfees agter tralies deurbring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie