Fishrot-saak steier by wegspringpunt
Die staat moet vir hom sorg, sê Esau
Verskeie haakplekke moet nog uitgestryk word voor die Fishrot-verhoor in Oktober kan begin.
Die aanvang van die Fishrot-verhoor kan moontlik weens verskeie kwessies vertraag word.
Dít het gister tydens ’n hofsitting vir sakebestuur aan die lig gekom
Die verhoor sal na verwagting op 2 Oktober vanjaar begin.
Die kwessie rakende regsverteenwoordiging belemmer steeds die verhoor nadat Richard Metcalfe vroeër as die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernhard Esau, se regsverteenwoordiger onttrek het.
Die prokureur Trevor Brockerhoff het ook namens Ricardo Gustavo gesê hy kan nie ’n regsverteenwoordiger bekostig nie as gevolg van sy bates wat gevries is ingevolge ’n bewaringsbevel.
Die staat het ook glo geen klaring gegee oor Marén de Klerk se uitleweringsverhoor in Suid-Afrika nie en het volgens die prokureur Mbanga Siyomunji die openbaarmaking van ’n groot hoeveelheid dokumente eers in Julie vanjaar gedoen.
Die staatsaanklaer Ed Marondedze het egter gesê die staat is gereed om die verhoor op die vasgestelde datum te begin.
Die prokureur Milton Engelbrecht het namens Nigel van Wyk gesê die regshulpafdeling van die ministerie van justisie het sy aansoek goedgekeur en dat hy dus ook gereed is om op die vasgestelde datum met die verhoor te begin.
‘DIE STAAT MOET SORG’
Tydens die hofsitting het Esau aangedui hy het tans nie ’n regsverteenwoordiger nie.
Regter Kobus Miller het hom ingelig dit is sy keuse om vir regshulp aansoek te doen of nie. Esau het egter geantwoord dat hy van mening is die staat moet sy regskostes dek.
“Die staat moet vir my sorg. . . Selfs ’n leek kan agterkom wanneer jy deur die dokumente gaan dat ek aangekla word in my hoedanigheid as minister,” het Esau aan Miller gesê.
Esau het gesê hy wil nie ’n regshulpverteenwoordiger aanstel nie, maar wil eerder sy eie regsverteenwoordiger kies en dat die staat die finansiële implikasies daarvan sal moet absorbeer.
Esau het aan Miller gestel dat hy ’n bevel kan uitreik vir die staat om sy regskostes te betaal. Miller het egter nie hierop gereageer nie.
Die Fishrot-beskuldigdes en hul regsverteenwoordigers sal weer op 20 September in die hoërhof verskyn om hul vordering aan te dui voor die verhoor na verwagting in Oktober sal begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie