Fishrot assets
Fishrot assets

Fishrot: Sage oor likwidasie duur voort

Bruni en McLaren wil uit
Bruni en McLaren het in 2022 die hoërhof in Windhoek genader met die versoek om as likwidateurs uit te tree.
Jemima Beukes
Die meester van die hoërhof, Elsie Beukes, sê sy het geen beswaar teen die likwidateurs van die Fishrot-beskuldigdes se bates nie se versoek om van hul pligte verlig te word en dat ander likwidateurs in hul plek aangestel word nie.

Die likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, is op 4 Desember 2020 ingevolge die Wet op die Administrasie van Boedels 1965 en in ooreenstemming met die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) van 2004 aangestel om die bates van die Fishrot-beskuldigdes wat in aanhouding is, te bestuur.

Bruni en McLaren het in 2022 die hoërhof in Windhoek genader met die versoek om as likwidateurs uit te tree. Hul rede hiervoor was dat hul werk na bewering met frustrasies belemmer is wat doeltreffende bestuur bemoeilik het en omdat hulle glo nie die kapasiteit het om die betrokke bates te bestuur nie.

In reaksie op hierdie versoek het een van die beskuldigdes, James Hatuikulipi, Beukes van pligsversuim beskuldig, gegewe die toesighoudende rol wat sy moet speel in Bruni en McLaren se uitvoering van hul verpligtinge.

GEEN KLAGTES

In hofstukke wat op 21 Desember verlede jaar by die hoërhof in Windhoek ingehandig is, voer Beukes aan dat sy geen klagte ontvang het van die beskuldigdes wie se bates deur Bruni en McLaren bestuur word nie.

Hierbenewens het sy bygevoeg sy het geen versoek vir hulp of bystand vanaf Bruni en McLaren ontvang nie.

“Die bewerings dat die applikante (Bruni en McLaren) nie die nodige samewerking van die meester ontvang het nie, is eenvoudig nie waar nie. Ons het op al die korrespondensie geantwoord en het met die likwidateurs vergader.

“Ek het geen beswaar teen die applikante se versoek om van hul pligte as likwidateurs verlig te word en dat nuwe likwidateurs in hul plek aangestel word nie.

“Ek is van mening voordat dit kan gebeur, moet die hof oortuig wees dat hulle inderdaad voldoende inligting verskaf het oor die huidige status van die bates,” het Beukes gesê.

Sy het ook die hof herinner dat Bruni en McLaren bevestig het dat hulle geen fooi sal hef vir die werk wat hulle tot dusver in hul hoedanigheid as likwidateurs gedoen het nie, maar het die hof gevra om ’n beslissing te maak oor die kwessie van betaling.

FRUSTRASIES

Een van die frustrasies wat Bruni en McLaren aangehaal het, is toe hulle Hatuikulipi se Range Rover by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) wou haal om die voertuig te diens, het die ACC geweier om dit te oorhandig.

Hatuikulipi het bevraagteken of die likwidateurs verplig was om die Fishrot-beskuldigdes in te lig oor die risiko’s waaraan hul bates onderwerp word sodat hulle stappe kon neem om hierdie risiko’s te voorkom.

“Die hofstukke handel nie oor verskeie beduidende kwessies nie, insluitend watter bates nog in die ACC se besit is. Wie is die ACC-beamptes wat geweier het om die bates te oorhandig? Wat het met my eiendom gebeur?” het hy gevra.

“Wat het gebeur met die voertuig in die besit van die ACC, wat blykbaar nie gediens is nie? Was dit die enigste geval waarin die waarde van eiendom moontlik benadeel is? Hoekom het McLaren en Bruni nie vroeër opgetree om die waarde van hierdie bates te beskerm nie?”

In sy beëdigde verklaring het Hatuikulipi daarop gewys dat die voertuig eintlik aan sy medebeskuldigde, die voormalige minister van justisie Sacky Shanghala, behoort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!