Fishrot-verhoor begin (hopelik) môre

Yandi Du Plessis
Jemima Beukes – Die langverwagte verhoor van die beskuldigdes in die Fishrot-korrupsiesaak sukkel om uit die wegspringblokke te kom en is tot môre uitgestel met die hoop dat alle partye in die hof teenwoordig sal wees aangesien twee verdedigingsprokureurs gister afwesig was.

Florian Beukes van Metcalfe Beukes Attorneys wat Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpronne, se regsverteenwoordiging behartig, het die hof by monde van sy kollegas in kennis gestel dat hy vir twee dae afgeboek is.

Mbanga Siyomunji wat vir Tamson Hatuikulipi en Nigel van Wyk verteenwoordig het ook ’n WhatsApp-boodskap gestuur wat sê hy is uitstedig en kan nie die verrigtinge bywoon nie. Die boodskap is deur die adjunk-aanklaer-generaal, Ed Marondedze, wat die staat verteenwoordig, in die hof voorgelees.

Toe Esau gevra is om sy standpunt oor die aangeleentheid te gee, het hy gesê hy kan niks sê nie omdat sy lot in sy regsverteenwoordiger se hande rus. Hy het bygevoeg hy was nie daarvan bewus dat sy prokureur siek is nie en het hom ’n spoedige herstel toegewens.

“Ek kan nie sê of ek kan pleit of nie, want dit kan my benadeel.”

Marondedze het ook die hof versoek om die verhoor uit te stel totdat die Fishrot-beskuldigde se regsverteenwoordigingskwessie opgelos is, maar regter Moses Chinhengo het gesê die hof kan nie deur “geringe kwessies” opgehou word nie.

“Ek sou voorstel dat ons versigtig moet wees wat die kwessie van regsverteenwoordiging betref.”

Vier van die beskuldigdes, naamlik die voormalige minister van justisie, Sacky Shanghala; James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo het Dinsdag aangedui dat hulle hulself sal moet verteenwoordig omdat hulle nie geld het om vir prokureurs te betaal nie.

Net nadat Chinhengo aangekondig het die aangeleentheid word tot môre vir pleit en verhoor uitgestel, het Shanghala tussenbeide getree en aangedui dat hy twee punte op die hart het, in ooreenstemming met Artikel 319 van die Strafproseswet.

Hy is egter in sy spore gestuit en deur Chinhengo ingelig dat hulle nie belangrike aangeleenthede sal opper voordat almal môre beskikbaar is nie.

Shanghala het ook daarop gewys dat Chinhengo se frase “nie die hof oor geringe kwessies ophou nie” hul kwessie oor die gebrek aan regsverteenwoordiging ondermyn.

[email protected]



Verwante artikels:

FISHROT: 'LAAT ONS VRY'

FISHROT-VERHOOR BEGIN IN DESEMBER


Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!