Fishrot-verhoor begin in Desember
Die Fishrot-beskuldigdes sal na verwagting op 5 Desember pleit op die 40 klagte waarop hulle teregstaan en met hulle verhoor begin.
Al die beskuldigdes het gister in die hoërhof in Windhoek voor regter Moses Chinhengo verskyn en hoewel nie al die beskuldigdes gereed is om met die verhoor te begin nie tydens die vorige hofverskyning bespreek is, het Chinhengo gesê hulle moet op hierdie datum pleit – hetsy hulle gereed is of nie.
Die langverwagte verhoor sou aanvanklik in Oktober vanjaar begin het, maar is tot November uitgestel. Tydens die laaste hofverskyning op 17 Oktober het partye aangedui dat hulle waarskynlik eers in Januarie 2024 sal kan begin. Die begin van die verhoor is egter gister na ’n vroeër datum geskuif.
Die onlangse vertragings is veroorsaak deur die beskuldigdes se gebrek aan regsverteenwoordiging en uitdagings om toegang tot fondse te verkry om vir hulle private prokureurs te betaal.
Die meerderheid van die beskuldigdes het om regshulp aansoek gedoen en sodoende verteenwoordiging verkry. Ander het in hulle saak ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) aansoeke gebring om toegang tot van hulle bates te verkry sodat hulle dit kan gebruik om hulle private prokureurs te betaal. Dié aansoek is nog nie afgehandel nie.
Een van die beskuldigdes, Ricardo Gustavo, het gister aangedui dat hy homself in die strafregtelike verrigtinge sal verteenwoordig.
Gustavo en sy medebeskuldigdes, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Nigel van Wyk, Otneel Shuudifonya, Phillipus Mwapopi, Bernhard Esau, Sacky Shanghala en Mike Nghipunya, is in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie