Fishrot-verhoor: Geen vordering ná een jaar
Nóg ’n aansoek misluk
Die Fishrot-beskuldigdes moes op 13 Desember 2023 pleit op die aanklagte waarop hulle teregstaan, maar die verhoor het intussen nog nie hervat nie.
Dit is byna ’n jaar gelede dat die Fishrot-beskuldigdes in die hoërhof in Windhoek geweier het om te pleit en regter Moses Chinhengo ’n pleit van onskuld namens elk van die beskuldigdes aangeteken het.
Sedertdien het die verhoor nog geensins gevorder nie en was die hof besig met allerlei tussentydse aansoeke.
Sommige Fishrotters is reeds vyf jaar in aanhouding en sal nog ’n Kersfees agter tralies moet deurbring.
Ten spyte van die feit dat die verhoor geweldig sloer, het die beskuldigdes gereeld deur die verloop van die jaar in die hof verskyn, maar talle aansoeke en kwessies het die proses gekniehalter.
Een van die aansoeke wat die proses veral vertraag het, was ’n aansoek dat Chinhengo homself aan die saak moet onttrek en nadat daardie aansoek van die hand gewys is, het die Fishrotters dié besluit verder uitgedaag. Hul pogings was egter onsuksesvol.
Verder is hofverskynings gekenmerk deur Fishrot-beskuldigdes, veral Sacky Shanghala, wat verskeie kwessies onder die hof se aandag gebring het.
Kwessies het gewissel van beweerde onreëlmatighede in die optekening van pleidooie, wat op 13 Desember 2023 plaasgevind het, tot die tralies waaragter die beskuldigdes in die hofsaal moes verskyn.
GEEN SKEIDING
Die jongste aansoek is gebring deur vier van die beskuldigdes – Shanghala, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo en Ricardo Gustavo – wat afsonderlik verhoor wou word.
Hulle het aangevoer dat die hoofverhoor sonder hulle moet voortgaan omdat hulle geen regsverteenwoordigers het nie. Hulle het voorgestel dat die verhoor sonder hulle moet voortgaan en hulle meer tyd gegun word om regsverteenwoordiging te bekom en op ’n latere stadium met hul aparte verhoor begin. Die aansoek is egter van die hand gewys.
Chinhengo het bevind dit is nodig dat al die beskuldigdes saam verhoor word sodat die hof al die feite het voordat die hof tot ’n beslissing kom.
Hy het verder daaarop gewys dat die beskuldigdes genoeg tyd gehad het om regsverteenwoordiging te verkry en indien hulle dit nie binnekort kry nie, sal die verhoor moet voortgaan sonder dat hulle prokureurs het.
“Hulle is genoeg tyd gegun om die kwessie van regsverteenwoordiging uit te sorteer en in ’n stadium moet die verhoor voortgaan,” het hy gesê en bygevoeg dat die neem van pleidooie binnekort moet hervat.
Hy het gewaarsku dat die hof geen verdere vertragings sal duld nie.
Chinhengo het tydens gister se verskyning in die hoërhof in Windhoek die staatsaanklaer, prokureurs en onverteenwoordigde beskuldigdes opdrag gegee om datums vir die hervatting van verrigtinge te bespreek en met ’n datum terug te kom.
Chinhengo het selfs die Fishrotters aangeraai om die hoërhof te nader om die regshulpsentrum te beveel om hulle van prokureurs te voorsien wat deur die staat gefinansier word.
Slegs een van die tien beskuldigdes, Nigel van Wyk, is tans vry op borgtog en Tamson Hatuikulipi hoor op 16 Desember oor sy nuutste aansoek om borgtog. Die res is steeds in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie