Die Fishrot-10 het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge. Van links is mnre. Bernard Esau, Pius Mwatelelo, Sacky Shanghala, Ricardo Gustavo en Tamson Hatuikulipi. Foto Kristien Kruger
Die Fishrot-10 het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge. Van links is mnre. Bernard Esau, Pius Mwatelelo, Sacky Shanghala, Ricardo Gustavo en Tamson Hatuikulipi. Foto Kristien Kruger

Fishrot-verhoor weer uitgestel

Wag op antwoord van hooggeregshof
Een van die beskuldigdes daag die voorsittende regter se besluit uit om nie homself van die saak te onttrek nie.
Kristien Kruger
Die tien Fishrot-beskuldigdes het gister in die hoërhof in Windhoek vir voorverhoorverrigtinge verskyn en die saak is tot 1 Desember uitgestel.

Die rede vir die uitstel is weens die hangende uitkoms van ’n versoek wat by die hooggeregshof aanhangig gemaak is.

Mnr. Ricardo Gustavo se verteenwoordiger, mnr. Trevor Brockerhoff, het die versoek gebring nadat hul aansoek dat die voorsittende regter homself van die saak moet onttrek, van die hand gewys is.

Dit is ook die rede vir die vorige uitstel, maar die hooggeregshof het intussen nog nie ’n antwoord verskaf nie.

FISHROT-10

Mnre. Mike Nghipunya, Bernard Esau, Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Nigel van Wyk, Otneel Shuudifonya, Pius Mwatelelo en Phillipus Mwapopi bly in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.

Gustavo is tans vry op borgtog en Tamson wag om te hoor of die hof sy aansoek om borgtog wat op nuwe feite gebaseer is, toe sal staan.

Slotbetoë in Tamson se borgtogaansoek sal op 2 Desember voor regter Orben Sibeya gelewer word. Sibeya sal daarna uitspraak lewer.

Volgens die hoofondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC), mnr. Andreas Kanyangela, is stappe ook gedoen vir die uitlewering van vier ander beskuldigdes.

Drie is in Ysland en die ander is mnr. Marén de Klerk wat glo tans in Suid-Afrika is.

Kanyangela het wel verlede week tydens Tamson se borgtogaansoek getuig dat hulle nie vir die uitlewerings sal wag nie en dat die verhoor sonder dié beskuldigdes kan voortgaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!