• Tuisblad
  • Howe
  • Fishrotter in hospitaal opgeneem, verhoor uitgestel
Photo: File
Photo: File

Fishrotter in hospitaal opgeneem, verhoor uitgestel

Rita Kakelo
Die Fishrot-verhoor sou gister uiteindelik hervat het met die beskuldigdes wat sou voortgaan om te pleit op die aanklagte waarop hulle teregstaan.

Die verhoor is egter weer eens uitgestel aangesien een van die beskuldigdes, Ricardo Gustavo, in die hospitaal opgeneem is. Hy sukkel glo met hartversaking.

Tydens gister se verrigtinge het die voormalige minister van justisie, Sacky Shanghala, bekend gemaak dat hy van plan is om nog ’n aansoek te bring. Hy wil glo aansoek doen dat hy en sy medebeskuldigdes, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo – sowel as die entiteite wat hulle verteenwoordig – apart verhoor word.

Dit is die jongste in ’n string aansoeke van Shanghala wat onder meer gehandel het oor beweerde onreëlmatighede in die verhoor en kwessies wat hy met die regter het.

Partye sal na verwagting weer vandag in die hoërhof in Windhoek verskyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!