Fishrotter kry borg
Een van die tien Fishrot-beskuldigdes wie se verhoor verlede week begin het, se borgtogaansoek is gister toegestaan. Nigel van Wyk is dus die enigste Fishrotter wat nie tans agter tralies is nie.
Van Wyk se borgtogaansoek is saam met dié van sy medebeskuldigde en die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernhard Esau, aangehoor. Esau se aansoek is egter van die hand gewys.
Regter David Munsu het gister in sy uitspraak in die hoërhof in Windhoek gesê Van Wyk is deur sy destydse werkgewer en nou medebeskuldigde, Sacky Shanghala, by die sogenaamde Fishrot-korrupsieskandaal betrek.
“Indien hy skuldig bevind word sal die gewig van sy vonnis nie dieselfde wees as dié van sy medebeskuldigdes nie,” het Munsu oor Van Wyk gesê. Dit op die basis dat die moontlikheid van ’n strawwe vonnis kan bydra tot die waarskynlikheid dat ‘n beskuldigde op die vlug sal slaan terwyl hy/sy vry op borgtog is.
Van Wyk is borgtog van N$20 000 toegestaan op verskeie voorwaardes.
ESAU
Hoewel Esau tydens sy getuienis ontken het dat hy ’n hand in enige misdaadaktiwiteite gehad het, het Munsu in sy uitspraak verwys na ’n plot van N$1,2 miljoen wat na bewering deur entiteite betaal is wat by die Fishrot-verhoor betrek is vir hulle aandeel in beweerde misdaadaktiwiteite.
Die staat het verder beweer hy het ‘n sterk saak teen Esau en voer aan hy was ’n belangrike rolseler in die memorandum van verstandhouding wat met Angola se ministerie van visserye aangegaan is en volgens die staat deel was van ‘n groter plan om wat nou bekend is as die grootste korrupsieskandaal in die Namibiese geskiedenis uit te voer.
WERK VIR SHANGHALA
Van Wyk het sedert November 2017 vir die maatskappy Ole Investments gewerk waarvan Shanghala en die ander Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi die eienaars was.
Tydens sy getuienis het Van Wyk aangevoer die N$1,9 miljoen waarby die staat beweer hy deur die Fishrot-skandaal gebaat het, was nie deel van korrupte aktiwiteite nie.
Hy voer aan dat hy ’n maandelikse salaris ontvang het wat gebaseer was op sy kontrak met die maatskappy.
Volgens die staat het Van Wyk owerhede van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) probeer keer toe hulle vir Shanghala en Hatuikulipi in hegtenis geneem het.
Van Wyk word ook daarvan beskuldig dat hy ná Shanghala se inhegtenisneming in 2019 inkriminerende dokumente uit Shanghala se huis in Windhoek probeer verwyder het.
Van Wyk staan tereg op twee klagte van rampokkery, drie klagte van geldwassery, een klag van diefstal, ’n klag van regsverydeling, ’n klag van die aanranding of obstruksie van ’n beampte en een klag vir die besit van onwettige ammunisie.
NUWE FEITE
Beide beskuldigdes het voorheen misluk in hul onderskeie borgtogaansoeke en dié aansoek is gebaseer op nuwe feite wat nie tydena hul vorige aansoeke bestaan het nie.
Dit sluit in die feit dat ondersoeke nou afgehandel is en die beskuldigdes nou vir meer as twee jaar in aanhouding was.
Esau het ook aangevoer dat sy persoonlike omstandighede en gesondheid verswak het.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie