• Tuisblad
  • Howe
  • Fishrotters betrek by saak oor N$54 m. se 'onbetaalde' lening

Fishrotters betrek by saak oor N$54 m. se 'onbetaalde' lening

Spaanse maatskappy eis betaling
Seaflower Whitefish Corporation se raad van direkteure het glo nooit vir Mike Nghipunya gemagtig om hom tot 'n lening van N$54 miljoen by die Spaanse maatskappy te verbind nie.
Rita Kakelo
’n Spaanse vismaatskappy, wat sedert 1978 in die Namibiese visbedryf aktief is, poog om sowat N$54 miljoen terug te kry wat hy na bewering aan sy plaaslike vennoot geleen het, wat destyds deur ’n huidige Fishrot-beskuldigde bestuur is.

Copemar S.A het in November 2019 sowat N$54 miljoen aan Seaflower Whitefish Corporation Limited geleen en die ooreenkoms is deur die destydse waarnemende uitvoerende hoof, Mike Nghipunya, aangegaan.

Nghipunya, wat vier maande later in hegtenis geneem is in verband met die Fishrot-skandaal, het na bewering die leningsooreenkoms saam met sy huidige medebeskuldigde, James Hatuikulipi, onderteken om die fondse te verseker wat nodig is vir die bou van ’n nuwe vissersboot, MV Olupale.

Ingevolge die kontrak moes die lening glo teen Junie 2022 terugbetaal word. Nadat die geld egter na bewering nie terugbetaal is nie, het Copemar die hoërhof in Windhoek genader om die geld terug te eis.

Partye het Dinsdag voor regter Shafimana Ueitele in die hof verskyn. Die saak is tot 27 Augustus vir voorverhoorverrigtinge uitgestel.

'BESTAAN NIE'

Nghipunya het in hofstukke aangevoer dat die Spaanse maatskappy geen betalings gemaak het op sy versoek nie.

Volgens hom het hulle Copemar versoek om bewys van enige betaling aan Astilleros Armon – die bouer van die vaartuig/skeepswerf – te verskaf, maar hulle het glo die versoek geweier.

Alfredo De Calatayud Ojeda, ’n direkteur van Copemar, het in sy verklaring aangevoer dat daar samesprekings en e-posgesprekke tussen Nghipunya en ander verteenwoordigers van Seaflower Whitefish Corporation was voor die ooreenkoms aangegaan is. Van hierdie e-posgesprekke is as bewysstukke by die hof ingedien.

In een e-pos van 13 Junie 2019 het Ojeda se medewerker ’n e-pos namens Copemar aan Nghipunya gestuur wat inligting verskaf het oor die finansieringstatus van die nuwe vaartuig.

NIE GEMAGTIG

Verder ontken Seaflower Whitefish Corporation ook dat hy enige van sy amptenare, insluitend Nghipunya, gemagtig het om so ’n ooreenkoms aan te gaan.

Hulle beweer hulle dra geen kennis van so ’n ooreenkoms nie en daag Copemar uit om sy bewysstukke daarvan te onthul.

Die voormalige direkteur van die National Fishing Corporation (Fishcor), Ndaendomwenyo Sheya, het getuig sy kan nie onthou dat die Seaflower-raad van direkteure vir Nghipunya ooit gemagtig het om Seaflower Whitefish Corporation tot ’n lening van N$54 miljoen by die Spaanse maatskappy te verbind nie.

“Dit was ’n belangrike tyd, aangesien Hatuikulipi op 18 November 2019 as ’n raadslid van Fishcor bedank het. Dit was ook die tyd toe bewerings van sy korrupte transaksies openbare rekord geword het.”

Volgens haar moet enige groot transaksie eers deur Fishcor goedgekeur word.

Terwyl daar melding gemaak is van die verkryging van 'n vaartuig, beweer sy dat sy geen besluit deur die Fishcor-raad vir die MV Olupale kan onthou nie, waarvoor Fishcor glo inruil daarvoor sy visstokkwota aan Seaflower Whitefish sou verskaf.

Ojeda voer egter aan dat, omdat die betaling direk aan die skeepswerf betaal moes word, dit noodsaaklik was om goedkeuring en magtiging van die Bank of Namibia (BoN) te verkry, wat hy beweer hy ontvang en onlangs by die hof ingedien het.

Daarbenewens het hy daarop gewys dat die konstruksie van die vaartuig nie net deur die Spaanse lening gefinansier is nie, maar ook deur lenings verkry van Abanca Bank, Bankinter Bank en 'n belastinghuurstruktuur (tax lease structure).

Na volle betaling het die skeepswerf na bewering die vaartuig by Seacope afgelewer – ’n filiaal van Seaflower Whitefish waarvan Ojeda ook die direkteur was.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 7 vs 59 Suzuki Griquas Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur | Chelsea 0 vs 2 Manchester City | Brentford 2 vs 1 Crystal Palace LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol | Mallorca 1 vs 1 Real Madrid | Real Sociedad 1 vs 2 Rayo Vallecano SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta | SS Lazio 3 vs 1 Venezia | Cagliari 0 vs 0 AS Roma | Hellas Verona 3 vs 0 Napoli | Bologna 1 vs 1 Udinese European Championships Qualifying: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday English Championship: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 11° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 33° Ruacana: 13° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 11° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:21, High tide: 04:28, Low Tide: 22:50, High tide: 16:48 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:26, Low Tide: 22:48, High tide: 16:46 Walvis Bay: 13° | 25° Wind speed: 40km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:25, Low Tide: 22:48, High tide: 16:45 Rehoboth: 8° | 28° Mariental: 10° | 30° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 10° | 30° Lüderitz: 13° | 30° Ariamsvlei: 7° | 25° Oranjemund: 10° | 33° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 7° | 17° Maseru: 6° | 22° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 8° | 18° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 13° | 25° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 15° | 29° Harare: 12° | 28° Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.87 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.25 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 897.09 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.74 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.35 | USD to ZAR 17.87 | USD to ZMW 25.92 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1829.86 Down -0.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13914.33 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29915.24 Up +2.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 504.94/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.19/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 854.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 76.65/BBP DOWN -0.0113 | Platinum US$ 961.96/OZ UP +1.37% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 7 vs 59 Suzuki Griquas Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur | Chelsea 0 vs 2 Manchester City | Brentford 2 vs 1 Crystal Palace LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol | Mallorca 1 vs 1 Real Madrid | Real Sociedad 1 vs 2 Rayo Vallecano SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta | SS Lazio 3 vs 1 Venezia | Cagliari 0 vs 0 AS Roma | Hellas Verona 3 vs 0 Napoli | Bologna 1 vs 1 Udinese European Championships Qualifying: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday English Championship: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 11° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 33° Ruacana: 13° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 11° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:21, High tide: 04:28, Low Tide: 22:50, High tide: 16:48 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:26, Low Tide: 22:48, High tide: 16:46 Walvis Bay: 13° | 25° Wind speed: 40km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:25, Low Tide: 22:48, High tide: 16:45 Rehoboth: 8° | 28° Mariental: 10° | 30° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 10° | 30° Lüderitz: 13° | 30° Ariamsvlei: 7° | 25° Oranjemund: 10° | 33° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 7° | 17° Maseru: 6° | 22° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 8° | 18° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 13° | 25° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 15° | 29° Harare: 12° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.87 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.25 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.79 | USD to AOA 897.09 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.74 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.35 | USD to ZAR 17.87 | USD to ZMW 25.92 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1829.86 Down -0.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13914.33 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29915.24 Up +2.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 504.94/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.19/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 854.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 76.65/BBP DOWN -0.0113 | Platinum US$ 961.96/OZ UP +1.37%