• Tuisblad
  • Howe
  • Fishrotters faal in saak oor skuif binne tronk

Fishrotters faal in saak oor skuif binne tronk

Saak van rol geskrap
Die hoërhof het bevind dat die Fishrot-beskuldigdes se hofaansoek teen hulle skuif tussen eenhede in die tronk, nie dringend is nie.
Kristien Kruger
“Die klagtes wat die applikante [Fishrot-beskuldigdes] geopper het oor die besluit om hulle te hervestig, is bekommernisse van elke verhoorafwagtende gevangene wat van ’n afsonderlike sel na ’n gemeenskaplike eenheid geskuif is.”

Só het regter Boas Usiku gister in die hoërhof in Windhoek gesê toe hy ’n dringende aansoek van sommige van die Fishrot-beskuldigdes van die rol geskrap het.

Lede van die Namibiese Korrektiewe Dienste het in Mei vanjaar besluit dat vyf van die beskuldigdes geskuif moet word van die Windhoek Sentrale Gevangenis se C-afdeling – waar hulle sedert hulle arrestasie aangehou word – na die tronk se echo-eenheid waar hulle saam met ander verhoorafwagtendes aangehou sal word.

Sewe van die Fishrotters het daarna die hoërhof in Windhoek genader met ’n dringende aansoek en het ’n tussentydse interdik gesoek om te verhoed dat dié besluit geïmplementeer word.

NIE DRINGEND

Usiku het beslis die saak voldoen nie aan die vereistes vir die aansoek om op ’n dringende basis aangehoor te word nie.

“Ek is nie oortuig daarvan dat die applikante voldoen het aan die vereistes van die afwesigheid van ’n wesenlike regstelling by ’n verhoor wat later aangehoor kan word nie.

“Indien die saak gebring word om mettertyd aangehoor te word, sal die applikante steeds hul saak kan bewys en aansienlike regstelling verkry, sou die hof in hul guns beslis,” lui Usiku se uitspraak.

Usiku het ook die sewe aansoekers beveel om die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die gevangenisowerhede se regskoste te betaal.

Die sewe beskuldigdes wat die aansoek gebring het, is Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi.

Die tronkowerhede het aan die begin van Mei vir Hatuikulipi, Nghipunya, Gustavo, Shuudifonya en Mwatelulo van die gevangenis se C-afdeling na ’n ander eenheid geskuif.

REDES

Hatuikulipi het in ’n verklaring aangevoer dat daar vrese bestaan oor sy en sy medebeskuldigdes se veiligheid in die nuwe eenheid.

Gustavo se gesondheid was ook een van die gronde waarop hulle die skuif teengestaan het. Hatuikulipi het in sy verklaring aangevoer dat die nuwe eenheid sy gesondheid verder sou benadeel.

Die hoofrede vir hul onwilligheid om te skuif, was egter omdat dit glo hul vermoë om vir hul verhoor voor te berei, sou belemmer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A