Fishrotters soek geld vir prokureurs
Slegs drie van die tien Fishrot-beskuldigdes wat tans in Windhoek in aanhouding is, is reg om met hul verhoor te begin.
Die meerderheid van die beskuldigdes is tans in die proses om regsverteenwoordiging te verseker – ’n proses wat deur beperkte fondse gekniehalter word.
Drie van die beskuldigdes is in die proses om regshulp te bekom en vier van die beskuldigdes sal binnekort ’n Afdeling 26-aansoek ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) bring. Dit in ’n poging om toegang te verkry tot van hulle gevriesde fondse om hulle private prokureurs te kan betaal.
Die staatsaanklaer, Ed Marondedze, het tydens Vrydag se verrigtinge aangedui die staat is gereed om met die verhoor te begin.
Partye sal op 23 November weer in die hoërhof in Windhoek vir voorverhoorverrigtinge verskyn. Partye het egter Vrydag aangedui dat hulle eers op 29 Januarie gereed sal wees om met die verhoor te begin.
Ricardo Gustavo sal glo ’n aansoek om regshulp indien. Tamson (Fitty) Hatuikulipi en Nigel van Wyk se aansoeke om regshulp is glo reeds ingedien. James Hatuikulipi, Sacky Shanghala, Bernhard Esau en Pius Mwatelulo sal na verwagting die aansoek bring om fondse beskikbaar te stel om hul private prokureurs te betaal.
Die beskuldigdes wat gereed is om met die verhoor te begin, sluit in Mike Nghipunya, die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, Phillipus Mwapopi en Otneel Shuudifonya, waarvan die laaste twee se aansoeke om regshulp reeds goedgekeur is. Die prokureur Milton Engelbrecht verteenwoordig steeds vir Nghipunya.
BORGTOG
James Hatuikulipi en Shanghala se huidige regsverteenwoordiger het tydens Vrydag se verskyning aan regter Moses Hungwe gesê hulle sal makliker fondse kan bekom as hulle uit aanhouding vrygelaat word. Hungwe het egter gesê die kwessie van borgtog is reeds aangeroer en is nie ’n kwessie wat hy kan aanhoor nie.
Die enigste beskuldigdes wat hangende borgtogaansoeke het, is Esau en Van Wyk. Partye sal op 24 November vir slotbetoë verskyn voordat uitspraak gelewer word.
Die 11de Fishrot-beskuldigde, Marén de Klerk, is steeds in die proses om van Suid-Afrika na Namibië uitgelewer te word, om moontlik saam met sy medebeskuldigdes verhoor te word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie