Tamson (Fitty) Hatuikulipi Foto argief
Tamson (Fitty) Hatuikulipi Foto argief

Fitty bly agter tralies

Regter weier verlof tot appèl
Een van die Fishrot-beskuldigdes Tamson (Fitty) Hatuikulipi se aansoek om verlof tot appèl is Woensdag van die hand gewys.
Iréne-Mari van der Walt
“Die hof het bevind die nuwe feite skep nie ’n nuwe perspektief wat die basis waarop borgtog geweier is, verander nie.”

Regter David Munsu het Woensdag in die hoërhof in Windhoek een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

Munsu het in sy uitspraak gesê hy is van mening dat Hatuikulipi nie enige redelike kanse op sukses het om in die hooggeregshof teen die weiering van sy borgtog te appelleer nie.

Hatuikulipi is in Desember 2022 borgtog geweier in ’n aansoek wat hy op nuwe feite gebaseer het.

Hy het beweer die hof het nie voldoende oorweging aan sy verswakte persoonlike omstandighede gegee nie. Hy het ook in sy aansoek om verlof tot appèl gesê die hof het nie die nuwe feite wat die staat se swak saak uitwys, behoorlik in ag geneem nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 27° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 17° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 21° | 38° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 19° | 31° Windhoek: 17° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 17° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!