Fitty faal in nóg ’n borgtogaansoek
Die Fishrot-beskuldigde Tamson (Fitty) Hatuikulipi se derde poging om op borgtog vrygelaat te word, was weer eens onsuksesvol.
Regter David Munsu het gister Hatuikulipi se borgtogaansoek in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.
Hatuikulipi het dié aansoek in Mei vanjaar gebring op grond van nuwe feite. Die staat het egter aangevoer dat daar geen nuwe feite bestaan nie en Munsu het in sy uitspraak daarop gewys dat die aansoek op hierdie gronde alleen van die hand gewys kan word.
"Al die gronde wat die applikant as nuwe feite aangevoer het, is tydens sy vorige borgtogaansoek hanteer. Die applikant het bloot bykomende dokumente voorgelê in ’n poging om bewys dat die staat nie ’n prima facie-saak teen hom het nie.
"Die dokumente waarop hy gesteun het, het egter destyds reeds bestaan. Op hierdie grondslag alleen kan die aansoek van die hand gewys word," het Munsu in sy uitspraak gesê.
Een van die nuwe feite waarop hy gesteun het, sluit in die feit dat die verhoor destyds nog nie begin het nie en hy al vyf jaar in aanhouding deurgebring het. Munsu het bevind dat tydperk wat hy in aanhouding deurgebring het, hom nie outomaties die reg op borgtog gee nie.
MILJOENE ONTVANG
Nes in die menigte ander borgtogaansoeke deur die Fishrot-beskuldigdes, het die hoofondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC), Andreas Kanyangela, getuig. Hy het verduidelik dat hulle ondersoek daarop gedui het dat Hatuikulipi omkoopgeld van die Yslandse maatskappygroep, Samherji, ontvang het. Hatuikulipi se verweer is dat hy betaling van Samherji ontvang het vir konsultasiedienste wat hy vir hulle gelewer het.
Hy het ook aangevoer dat die geld wat hy van sy medebeskuldigdes ontvang het, glo terugbetalings van lenings was.
Munsu het in sy uitspraak bevind dat Hatuikulipi miljoene dollars van verdagte bronne ontvang het.
"Hy [Hatuikulipi] het verduidelik dat die bedrae terugbetalings van lenings was. Selfs as dit aanvaar moet word, is daar etlike miljoene dollars wat onverklaarbaar bly. Soos ek die saak verstaan, is die kwessie nie dat miljoene dollars aan sy entiteite betaal is nie, maar die versuim om rekenskap daarvoor te gee, en meer nog, wanneer daardie fondse veronderstel was om die publiek te bevoordeel," lui die uitspraak.
Een van die gronde waarop die staat die aansoek teengestaan het, is die bewering dat dit ’n sterk saak teen Hatuikilipi het en hy waarskynlik ’n swaar vonnis opgelê sal word.
"Daar bestaan ook ernstige kommer dat die applikant sal verdwyn, veral in die lig van die ernstige aantygings teen hom," het die staatsaanklaer, Ezekiel Ipinge, aangevoer.
Hoewel Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomunji, tydens verrigtinge volgehou het dat die staat nie ’n sterk saak teen hom het nie, het Munsu in sy uitspraak bevind dat die staat ’n prima facie-saak teen Hatuikulipi het.
DERDE AANSOEK
In Munsu se uitspraak wys hy daarop dat Hatuikulipi verskeie pogings aangewend het om op borgtog vrygelaat te word, sonder enige sukses.
Sy aanvanklike aansoek is op 22 Julie 2020 deur die Windhoek-landdroshof van die hand gewys. Hy het teen daardie uitspraak in die hoër geappelleer, maar die appèlaansoek was van die hand gewys.
Daarna het hy ’n aansoek met nuwe feite gebring wat op 27 Desember 2022 van die hand gewys is.
Slegs een van die tien Fishrot-beskuldigdes het daarin geslaag om op borgtog vrygelaat te word. Nigel van Wyk is op 13 Desember 2023 borgtog van N$20 000 toegestaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie