Fitty hoor eersdaags oor borg
“[Tamson Hatuikulipi] wil ’n situasie misbruik wat hy self geskep het. Hulle [Fishrot] is nie gereed om met die verhoor te begin nie, maar hulle wil vrygelaat word. Hulle wil hê die hof moet hulle jammer kry.”
Só het die staatsaanklaer Ezekiel Ipinge Vrydag tydens die Fishrot-beskuldigde, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, se aansoek om borgtog gesê.
Een van die nuwe feite waarop Hatuikulipi se aansoek gegrond is, is dat hy reeds vyf jaar in aanhouding is en daar steeds geen datums vir die Fishrot-verhoor vasgestel is nie.
Hatuikulipi se prokureur, Mbanga Siyomunji, het daarop gewys dat Hatuikulipi waarskynlik nog lank in aanhouding gaan wees omdat daar nog geen aanduiding is van wanneer die verhoor sal begin nie.
“Daar is steeds geen pad vorentoe nie. Daar is geen verhoordatums geskeduleer nie en daar is nog verskeie tussentydse aansoeke wat hanteer moet word,” het Siyomunji gesê.
Ipinge meen die staat is reeds sedert 2021 gereed om met die verhoor te begin, maar die beskuldigdes vertraag glo die proses.
“As hulle die verhoor so kan vertraag terwyl hulle in aanhouding is, wat sal gebeur as hulle borgtog toegestaan word? Dan sal hierdie verhoor nooit begin nie,” het Ipinge gesê.
Siyomunji het volgehou dat sy kliënt geensins die verhoor vertraag nie.
“My kollega [Ipinge] maak, net soos sy span, sensasionele uitsprake wat nie gestaaf word nie. Hulle probeer hierdie hof mislei,” het Siyomunji tydens Vrydag se verrigtinge gesê.
STERK SAAK
Hoewel Ipinge aangevoer het dat die staat ’n sterk saak teen Hatuikilipi het en hy waarskynlik ’n swaar vonnis opgelê sal word, meen Siyomunji die staat het nie ’n sterk prima facie-saak nie.
Hy beweer daar is genoegsame verduideliking vir die bewyse wat die staat gelewer het.
Siyomunji het aangevoer dat Hatuikulipi geld van die Yslandse maatskappygroep, Samherji, ontvang het op grond van konsultasiedienste wat hy aan hulle verskaf het.
Hy beweer daar was ’n ooreenkoms vir die lewering van die dienste en dat Hatuikulipi bloot daarvoor vergoed is.
Regter David Munsu sal sy uitspraak op 16 Desember lewer.
FISHROTTER OP BORG
Slegs een van die tien Fishrot-beskuldigdes het daarin geslaag om op borgtog vrygelaat te word. Nigel van Wyk is op 13 Desember 2023 borgtog van N$20 000 toegstaan.
Ricardo Gustavo het se borgtogaansoek is ook aanvanklik in Oktober 2022 in die hoërhof in Windhoek toegestaan, maar is later deur die hooggeregshof omgekeer.
Gustavo en die res van die Fishrot-beskuldigdes is steeds in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis en sal na verwagting volgende week weer in die hof verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie