• Tuisblad
  • Howe
  • Forensiese kenner: ‘Alle dagga is onwettig in Namibië’

Forensiese kenner: ‘Alle dagga is onwettig in Namibië’

Hoeveelheid THC nie ’n onderskeidende faktor
'n Senior forensiese ontleder sê anders as sommige ander lande, bepaal Namibië nie die onwettigheid van dagga op grond van die hoeveelheid tetrahidrokannabinol (THC) wat teenwoordig is nie, en dat enige spoor van THC onwettig is.
Adam Hartman
In die voortslepende verhoor waarin die Swakopmundse inwoner, me. Cheryl Green (59), teregstaan op aanklagte van daggaverbouing en dwelmbesit, het die staat se laaste getuie gesê enige hoeveelheid tetrahidrokannabinol (THC) wat in dagga gevind word, word as ‘n onwettige afhanklikheidsvormende middel beskou. “Dagga op sigself is nie onwettig nie, maar alle dagga bevat ‘n sekere hoeveelheid THC; en dit is hierdie komponent wat dagga onwettig maak,” het mnr. John Shomeya, ’n senior forensiese ontleder, Donderdag in Swakopmund aan landdros Conchita Olivier verduidelik. Green is in Julie 2019 by haar huis in hegtenis geneem omdat sy na bewering dagga gekweek het en in besit van daggasaad en -olie was. MEDISINALE GEBRUIK Sy hou vol sy het die dagga (die hennepvariëteit) om medisinale redes vir haar lewensmaat, mnr. Rainer Kring, gekweek wat aan ‘n motorneuronsiekte ly. Volgens haar het Kring se voorskrifmedisyne hom sieker gemaak, maar navorsing het haar laat glo hennep (wat hoofsaaklik cannabidiol, of CBD, bevat) sal help met neurale regenerasie. Sy voer aan Hennep bevat minder as 0,3% THC, en is dus nie verslawend nie. Trouens, hennepsaad en -olie is as gesondheidsprodukte by verskeie apteke in Namibië te koop, het sy gesê. Sy het hennepsaad by ‘n apteek in Swakopmund gekoop, dit by die huis geplant, en uiteindelik ‘n dagga-olie van hoë gehalte saamgeflans deur suiwer klapperolie en organiese dagga uit haar tuin te kombineer – wat glo tot gevolg gehad het dat haar maat se gesondheidstoestand drasties verbeter het. Ná sy in hegtenis geneem is, het Kring se toestand weer versleg, het Green beweer. “Die polisie se gedwonge verwydering van my hennepplante het my vermoë weggeneem om olie vir my lewensmaat te produseer, en het gevolglik sy grondwetlike reg op lewe en gesondheid weggevat,” het sy tydens ‘n vorige hofverskyning aangevoer. BY APTEKE BESKIKBAAR Green se prokureur, mnr. Richard Metcalfe, het staatsgetuies sedert die begin van die verhoor herhaaldelik uitgedaag oor hoekom Green gearresteer is vir dieselfde produk wat wettiglik by winkels gekoop kan word. Nie een van hulle kon sover ‘n antwoord gee nie. Hy het ook getuies uitgedaag oor die bewoording wat gebruik word in die Wet op die Misbruik van Afhanklikheidsvormende Stowwe en Rehabilitasiesentrums, en beweer daar word nêrens spesifiek na dagga daarin verwys nie. Die monsters wat vir forensiese toetse gestuur is, bevat wel THC – maar die hoeveelheid is nie aangeteken nie. Dít is volgens Green en haar prokureur ‘n groot onderskeidende faktor tussen die wettigheid van die hennep wat sy besit en die dagga wat as ontspanningsdwelm gebruik word, wat hoofsaaklik THC bevat. Metcalfe het gesê hennep bevat slegs 0,3% THC, maar Shomeya het aangevoer die kwantifisering van THC is nie in Namibië van toepassing nie en word slegs in sommige lande soos Kanada gebruik om tussen hennep en dagga te onderskei. “Wanneer ons toets, toets ons net vir die teenwoordigheid van THC, maar sommige variëteite bevat meer as ander,” het hy aan die hof gesê. Die saak is tot 24 Februarie uitgestel. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.33 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.11 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.29 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 663.07/OZ UP +1.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +4.15% | Zinc US$ 3 026.80/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 75.08/BBP UP +0.94% | Platinum US$ 986.92/OZ UP +3.02% #REF!