Windhoek High Court 

photo: file
Windhoek High Court photo: file

Gebreekte naald glo in baarmoeder gelos

Hof beveel mediese ondersoek
Mediese personeel by die Katutura-staatshospitaal het glo gesê die gebreekte naald sou haar affekteer nie.
Rita Kakelo
’n Vrou wat beweer dat mediese personeel ’n gebreekte naald in haar baarmoeder agtergelaat het ná ’n operasie, eis N$13 miljoen in skadevergoeding van die staat.

Else Tsuxus het die operasie in Februarie 2016 by die Katutura-staatshospitaal ondergaan, nadat sy glo erge abdominale pyn en oormatige menstruele bloeding ervaar het wat glo deur uteriene fibroïede (mioom) veroorsaak is.

Tsuxus het in Maart 2023 die hofsaak teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak. Ingevolge ’n onlangse hofbevel is Tsuxus verwys vir ’n mediese ondersoek wat sy na verwagting vandag moet ondergaan.

"Die verweerders [ministerie] versoek 'n ondersoek deur dr. Emvula om 'n X-straal-assessering van me. Tsuxus se uterus te doen en te bepaal of die punt van die naald wel nog in haar baarmoeder is.

"Verder, as sy sulke mediese probleme het, sal die assessering ook die bron of oorsprong van sulke probleme bepaal. Die assessering sal ook bepaal of sodanige diagnose van haar probleme aan die punt van die naald toegeskryf kan word en hoe dit haar verskeie lewensdomeine en die behandelingskoste, prognose wat daarmee verband hou, beïnvloed en of korrektiewe chirurgie gedoen kan word," lui die bevel wat regter Eileen Rakow op 2 Oktober uitgereik het.

Die ondersoek het ten doel om te verseker dat beide partye toegang het tot akkurate mediese inligting wat verband hou met die regsgeding.

OPERASIE

Tsuxus het op 22 Februarie 2016 die hospitaal besoek met buikpyn en ’n operasie was vir 24 Februarie geskeduleer. Sy beweer in hofstukke dat sy ná die operasie in die hospitaal gebly en steeds erge buikpyn, krampe en 'n opgeblase maag ervaar het.

“'n Dag ná die operasie is Tsuxus ingelig dat 'n naald wat tydens die prosedure gebruik is, afgebreek het en 'n stuk in haar baarmoeder agtergelaat is. Die volgende dag is ’n X-straal geneem en is aan haar gesê die chirurg sal die uitslae verduidelik," lui haar hofstukke.

Die chirurg het na bewering vir Tsuxus verduidelik dat die naald wat in haar baarmoeder vassit, nie onmiddellik ná die operasie verwyder kon word nie. Sy het volgens hofstukke destyds dié verduideliking geglo.

Die mediese personeel het glo ook aan Tsuxus gesê die gebreekte naald in haar baarmoeder sou haar nie affekteer nie en dat sy binnekort na haar aktiewe leefstyl sou kon terugkeer. Hulle het haar glo ook verseker dat sy na ses maande sonder komplikasies sal kan swanger word en kinders sal kan hê.

By monde van haar prokureur, Gaenor Michaels, het Tsuxus die hof ingelig dat sy in 2017 ’n klag by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) ingedien het oor haar behandeling by die hospitaal.

Op 30 Mei 2017 is sy glo ingelig dat haar klag vir ’n feite-ondersoekproses verwys is. Dit was egter eers op 16 Mei 2019 wat die raad haar in kennis gestel het dat haar klagte by hul volgende vergadering deur die Voorlopige Ondersoekkomitee hersien sal word.

“Eers op 26 Oktober 2022 het die HPCNA haar ingelig dat daar moontlike professionele nalatigheid was aan die kant van die mediese personeel wat haar behandel het.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 22.7 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.41 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.83 | USD to AOA 909.1 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1829.25 Up +0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14102.73 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30762.32 Down -1.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 656.82/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.60% | Zinc US$ 3 157.50/T UP 1.84% | Brent Crude Oil US$ 79.37/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 975.50/OZ UP +0.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.7 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.41 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.83 | USD to AOA 909.1 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1829.25 Up +0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14102.73 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30762.32 Down -1.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 656.82/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.60% | Zinc US$ 3 157.50/T UP 1.84% | Brent Crude Oil US$ 79.37/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 975.50/OZ UP +0.43%